1. Personeelparkering

Gereserveerde parkering

Nie-gereserveerde parkering

Algemene parkering

 

Gereserveerde parkering - Slegs vir personeel met gestremdhede, posvlak 0 – 4 met ‘n paar uitsonderings.
1.1 Beskrywing
  Toegeken aan een persoon vir 'n periode van een jaar. Toekenning asook tariewe is geldig vanaf begin Januarie tot einde Desember.
1.2 Tipes
  1.2.1 Skadunet- en onderdakparkering (randsteen en parkeerskyfie rooi)
  1.2.2 Onbeskut (randsteen en parkeerskyfie rooi)
  1.2.3 Vir personeel met gestremdhede (randsteen donkergroen en parkeerskyfie geel)
  1.2.4 Vir inwonende hoofde by koshuise (randsteen en parkeerskyfie rooi)
1.3 Toekenningskriteria
  1.3.1 Vir parkering by akademiese en administratiewe geboue
    1.3.1.1 Voltydse personeel (ongeag of dit deeltyds of voltyds is, maar in eersgenoemde geval moet die aanstelling vir ten minste die volle jaar geldig
    1.3.1.2 Posvlak: 0-4
  1.3.2 Vir inwonende hoofde
    1.3.2.1 Inwonende hoofde het slegs aanspraak op die aantal parkeerplekke wat volgens die US se kontrak met hulle gespesifiseer word maar moet vir parkering aansoek doen.
    1.3.2.2 Inwonende hoofde ontvang 'n US parkeerskyfie sodat hul voertuie duidelik uitgeken kan word. Sien vir inwonende hoofde ten einde die skyfie te bekom. Daar is geen koste verbonde aan hierdie parkering nie.
    1.3.2.3 LW. Indien 'n inwonende hoof op enige ander universiteitsparkering wil parkeer behalwe die toegewysde parkering by die betrokke koshuis, moet die normale aansoekprosedures vir hierdie tipe parkering gevolg word. Die gepaardgaande koste sal dan ook gehef word.
  1.3.3 Vir personeel met gestremdhede
    1.3.3.1 Personeel met gestremdhede doen elektronies aansoek vir toegang tot parkering. Die getal parkeerplekke wat spesifiek vir personeel met gestremdhede gereserveer word, sal deur die getal aansoeke bepaal word.
    1.3.3.2 Een plek per area vir ad hoc-gebruik (sporadiese besoekers) is beskikbaar.
    1.3.3.3 LW. 'n Registrasieskyfie van die verkeersdepartement vir persone met gestremdhede en US voertuigregistrasieskyfie moet ten alle tye vertoon word.
Nie-gereserveerde parkering
1.4 Beskrywing
  1.4.1 'n Groep parkeerplekke binne 'n spesifieke parkeersone (groep parkeergebiede) aan 'n bepaalde groep gebruikers toegewys, maar niemand kan op 'n spesifieke parkeerplek aanspraak maak nie. Dit werk op die beginsel van "eerste kom, eerste gehelp". Toekenning asook tariewe is geldig vanaf begin Januarie toe einde Desember.
  1.4.2 Indien alle gemerkte parkeerplekke beset is, moet die betrokke gebruiker in die Periferie area parkeer. Hierdie gebiede word op die kaart aangedui by Parkeerareas- en kaarte. Elke geregistreerde gebruiker sal vir hierdie doel outomatiese toegang tot die Periferie parkeerarea ontvang teen geen bykomende koste nie.
  1.4.3 Ten einde die optimale benutting van parkering te bevorder en om voorsiening te maak vir die beweging van voertuie, word meer personeellede toegelaat tot nie-gereserveerde parkering as wat daar nie-gereserveerde parkeerplekke beskikbaar is. Die persentasie bykomende toegang word deur monitering en die resultate van 'n jaarlikse parkeeroudit bepaal.
  1.4.4 Die getal beskikbare parkeerplekke per parkeergebied word pro rata verdeel onder die afdelings wat toegang tot die betrokke parkeergebied het, met as vertrekpunt die getal aansoeke wat teen die eerste aansoeksluitingsdatum ontvang word.
1.5 Tipes
  1.5.1 Skadunet- en onderdakparkering (randsteen en parkeerskyfie donker groen)
  1.5.2 Onbeskut (randsteen en parkeerskyfie blou)
1.6 Toekenningskriteria: tipe aanstelling in kombinasie met posvlak, d.w.s.:
  1.6.1 Voltydse permanente personeel: posvlak 5-6
  1.6.2 Voltydse tydelike personeel: posvlak 5-6
  1.6.3 Deeltydse permanente personeel: posvlak 5-6
  1.6.4 Voltydse permanente personeel: posvlak 7-19
  1.6.5 Voltydse vaste personeel: posvlak 7-19
  1.6.6 Voltydse tydelike personeel: posvlak 7-19
  1.6.7 Deeltydse permanente personeel: posvlak 7-19
  1.6.8 Deeltydse vaste personeel: posvlak 7-19
  1.6.9 Deeltydse tydelike personeel: alle posvlakke
  1.6.10 Nadoktorale genote en PhD kandidate
  Let wel: Indien die getal aansoeke steeds die getal beskikbare plekke oorskry nadat bogenoemde kriteria toegepas is, is die Mobiliteitsbestuurder gemagtig om verdere kriteria in ag te neem. Dit is volledig volgens sy diskresie.
Algemene parkering
1.7 Beskrywing
  1.7.1 Parkeerareas vir personeel wat nie parkering ontvang het in die personeelparkeerareas nie (randsteen wit en parkeerskyfie pienk of blou).
  1.7.2 Niemand kan op 'n spesifieke parkeerplek aanspraak maak nie en dit werk op die beginsel van "eerste kom, eerste gehelp".
  1.7.3 Die tarief mag wissel, afhangend van hoe naby dit aan die sentrale kampus geleë is.
1.8 Tipes
  1.8.1 Sentrale kampus: Skuilhoek, Bloemhof, Smutsstraat, Ingenieurswese (randsteen wit). Die kleur van die parkeerskyfie word bepaal deur die afstand van hierdie area vanaf die betrokke personeellid se kantoor. Indien dit binne 300m van die kantoor is, is die skyfie blou. Indien dit verder as 300m is, is die skyfie pienk.)
  1.8.2 Periferie: Coetzenburg & Lentelus (randsteen wit. Die kleur van die parkeerskyfie word bepaal deur die afstand van hierdie area vanaf die betrokke personeellid se kantoor. Indien dit binne 300m van die kantoor is, is die skyfie blou. Indien dit verder as 300m is, is die skyfie pienk.)