Aansoeke en wysigings

  1. Vir personeel:

    1.1 Ad hoc-, Nie-US personeel, tydelike en voltydse personeel (alle kampusse)
    1.2 Inwonende hoofde

     

    1. Personeelaansoeke
    1.1 Ad hoc-, Nie-US personeel, tydelike en voltydse personeel (alle kampusse)
    Proses: 1.1.1 Bestaande toekennings is geldig tot einde Desember. Om in aanmerking te kom vir parkering vanaf Januarie, moet u weer elektronies aansoek doen.
      1.1.2 Klik hier om elektronies aansoek te doen (nuwe aansoekers) of heraansoek (bestaande toekennings) om toegang tot parkering op die webblad. (Skakel geld vir beide nuwe aansoeke en heraansoeke.) 
      1.1.3 U ontvang 'n e-pos om te bevestig dat u aansoek suksesvol ingedien is. (Indien dit nie gebeur nie, is u aansoek nie ingedien nie en moet u asb die proses herhaal.)
    Let wel: 1.1.4 Dui asb ook aan watter soort parkering u sou verkies indien die eerste opsie nie aan u toegeken sou word nie.
      1.1.5 Dui die aantal parkeerskyfies aan. Onthou, daar is 'n koste verbonde aan addisionele parkeerskyfies.
      1.1.6 Maak asseblief seker die gebou waar jou kantoor op Januarie geleë sal wees, word korrek in jou inligting aangedui. As die gebou-inligting verkeerd is, stel dit asseblief reg in jou sun-e-HR-profiel onder "Sun Employee Self Service > Office Detail" voor jy jou aansoek indien. Bevestig enige veranderinge in jou kantoorbesonderhede by jou kampuskoördineerder voor die sluitingsdatum vir aansoeke.
      1.1.7 Ingenieurspersoneel kwalifiseer slegs vir nie-geresveerde parkering onderdak of nie-gereserveerde parkering oop.
    Stelsel oop: 31 Oktober 2022
    Sluitingsdatum: 30 November 2022
    Toekennings in werking: 2 weke na aansoek
    1.2 Inwonende hoofde
    Proses: 1.2.1 Stuur die volgende inligting per e-pos aan die Adjunk-direkteur: Sentrum vir Studentegemeenskappe: Naam, US nommer, koshuis, voertuigfabrikaat, -model, -kleur en -registrasienommer.
      1.2.2 Die Sentrum vir Studentegemeenskappe dui die aantal parkeerplekke per inwonende hoof aan.
      1.2.3 Die Sentrum gee die inligting een keer per jaar deur aan die Parkeerkoördineerder, wat sal reël vir die uitreiking van die skyfies.