Doen jou deel

Verminder só

Kies verpakking wat jy kan hergebruik en herwin.
Gebruik herbruikbare sakke en houers.
Kies produkte wat teruggegee kan word of herbruikbaar of hervulbaar is bo items wat net een keer gebruik kan word.
Vermy individueel verpakte items of snoeppakkies of houers wat net een keer gebruik kan word.
Wees bewus van dubbelverpakking – sommige "grootmaatverpakkings" is net individueel verpakte items wat weer verpak is en as 'n grootmaatitem verkoop word.
Koop items soos skottelgoedwasmiddel en waspoeier in gekonsentreerde vorm.
Verminder die hoeveelheid ongewenste pos wat jy ontvang.
Koop by tweedehandse winkels.
Koop items wat van herwinde materiaal gemaak is, en gebruik en hergebruik dit soveel keer as wat jy kan.
Gebruik herlaaibare batterye waar moontlik.
Druk aan albei kante van jou papier of, nog beter, gebruik elektroniese media.

Hergebruik só

As jy iets nie self kan hergebruik nie, gee dit vir iemand wat kan.
Jy kry jou deposito terug as jy glas en plastiekbottels teruggee.
Hergebruik jou plastiekwinkelsakke en hervul jou water- en melkbottels.
Gee jou toiletrolletjies, eierboksies en ontbytgraanbokse aan plaaslike skole vir handwerkprojekte.
Gee jou ou klere, meubels, speelgoed en tydskrifte aan welsynsorganisasies.
Herstel stukkende items eerder as om dit weg te gooi.

Universiteit Stellenbosch het die volgende reëlings vir die hergebruik van afval ingestel:

Die meubelstoor maak van 'n tenderproses gebruik waarvolgens tweedehandse meubels gekoop kan word.
Ou plaveisel wat verwyder word, word gestoor en in die herstel en instandhouding van landskappe hergebruik, of verkoop.
Alle hout wat op die kampus verwyder word, word opgekerf en hergebruik as deklaag in die tuine.
Met die waterstasies op kampus moedig ons die hergebruik van waterbottels aan.
Ou besproeiingstoebehore wat nie stukkend is nie, word hergebruik vir die herstel van beskadigde besproeiingstelsels.
Konstruksie-afval word fyngemaak en hergebruik.

Herwin só

Verwys na die tekens op die 3-houer-stelsel om jou te help om jou materiaal by die bron te skei.
Maak seker dat jou herwinbare item geen vloeistof, sous of oorskietkos bevat nie. Dit verminder die besoedeling van skoon, droë herwinbare items.
Dit help dat minder afval na die stortingsterrein geneem word.

 

E-afval

E-afval – elektriese en elektroniese afval – behels alles van ou kombuistoestelle tot rekenaars en selfone. Hierdie items is herwinbaar maar bevat soms gevaarlike materiaal wat op 'n veilige manier verminder moet word. Die gevaarlike materiaal moet op die regte wyse weggegooi word aangesien dit 'n risiko vir die omgewing inhou.

Die afdeling vir inligtingstegnologie (IT) is verantwoordelik vir die veilige wegdoening van e-afval op kampus en die herwinning daarvan op die regte wyse.

Alle omgewings op kampus wat e-afval genereer, moet verseker niks versamel in stoorplekke nie. Kontak die IT-afdeling vir die vervoer van alle e-afval na 'n sentrale stoorplek waar dit op die regte wyse hanteer en herwin sal word. Daar is ook afleweringspunte vir e-afval by die Fasiliteitsbestuursgebou.

Die IT-afdeling sorg vir die volgende:

IT stoor die e-afval waarna dit deur 'n spesialismaatskappy verwyder word en op die korrekte metode weggedoen word.
Dit kan herstel en opgegradeer word vir gebruik deur iemand anders.
Dit kan uitmekaar gehaal word vir die hergebruik van sekere van die materiaal, bv. metaal, plastiek, glas ens., vir die vervaardiging van nuwe produkte of vir sierkuns.

Die e-afvalstroom: