4. Parkering vir ander groepe (alle kampusse)

4.1

Besoekers

Stuur ’n e-pos met die naam en van van besoeker(s), motorregistrasie, naam van gebou wat besoek word en die datum en tyd na besoekersparkering@sun.ac.za om reëlings te tref. Sorg asseblief dat jy die bespreking minstens 24 uur vooruit maak.

4.2

 

 

Pensionarisse

 

 

4.2.1

Pensionarisse werksaam by SU kwalifiseer vir personeelparkering (uitgesluit onderdakparkering) en volg die aansoekprosedures vir personeellede.

4.2.2

As hulle nie meer by SU werk nie, kwalifiseer hulle vir besoekersparkering.

4.2.3

Sien aansoekprosedure vir personeel of besoekers.

4.2

Afleweraars en koeriers

Parkeer slegs op laaisones by geboue. Sien aansoekprosedure.

4.3

Kontrakteurs

Die aard van die kontrakteur se verantwoordelikhede sal bepaal vir watter soort parkering gekwalifiseer word. Sien aansoekprosedure.

4.4

Diensvoertuie
* Randsteen oranje

Daar is in enkele areas parkeerplekke wat spesifiek vir diensvoertuie gereserveer word. Sien aansoekprosedure. In areas waar daar nie spesifiek gemerkte diensvoertuigparkeerplekke beskikbaar is nie, mag die diensvoertuig op 'n laaisone parkeer, of in noodsituasies, op 'n nie-gereserveerde parkeerplek (randsteen blou geverf). Parkering op enige ander ongemagtigde parkeerplek, of ongemerkte areas, mag lei tot die uitreiking van 'n boete.

4.6

Motorfietsryers

4.6.1 Areas wat spesifiek vir motorfietsparkering bedoel word, sal duidelik so gemerk wees.
4.6.2 LW. Motorfietse mag nie op 'n motorparkeerplek parkeer nie behalwe indien die eienaar wel aansoek gedoen het om motorvoertuigparkering en dit aan hom/haar toegeken is. In so 'n geval moet die eienaar ook sy/haar motorfiets by Vervoerdienste registreer sodat dit duidelik is dat die motorfiets wel wettig op 'n motorvoertuigparkeerplek mag parkeer.
4.6.3 Sien aansoekprosedure.