4. Wysigings |
4.1 Algemeen |
4.1.1 |
Voertuiginligting a.g.v. die foutiewe insleutel daarvan, of inligting wat verander het, kan so gou moontlik reggestel word. Sien 4.3.1 hieronder vir instruksies. |
4.1.2 |
Versoeke vir verandering van soort parkering of toegewysde parkeerarea word eers verwys na die betrokke omgewings vir hulle insette. |
|
4.2 Tydens die aansoekproses |
4.2.1 |
Indien u nog nie u aansoek ingedien het en die bevestigende rekenaarskerm gesien en e-pos ontvang het nie, kan u die inligting self wysig. |
4.2.2 |
Indien u reeds u aansoek ingedien het, kanselleer u aansoek en dien dit weer in (met die korrekte inligting) of skakel asb die US Kliëntedienssentrum by info@sun.ac.za of 021 808 9111 vir hulp. |
|
4.3 Nadat die toekennings afgehandel is |
4.3.1 |
Kliek hier om u toekenningsbesonderhede te sien. |
4.3.2 |
Kliek op "Verander Voertuigbesonderhede" aan die onderkant van die bladsy en verander u voertuiginligting. Kliek dan op "Aanvaar". Die veranderinge sal gestoor word en 'n e-pos aan die parkeerkoördineerder van u kampus gestuur word om die nuwe parkeerskyfie te druk. Die skyfie sal dan via interne pos aan u gestuur word. |