1. | Doen die betaling op een van die volgende maniere: | |
1.1 | R2 650 kaartbetaling (terugbetaalbare deposito van R1 500 ingesluit) by die Kassiere in Administrasiegebou A. Spesifiseer kwitansietipe 1200. Geen kontantbetaling sal aanvaar word nie. | |
1.2 |
Betaling via EFT: Bank: Standard Bank Voorbeeld: bike1552364VanDer Merwe Stuur asb bewys van betaling aan Andrew Williams, ajw@sun.ac.za. Belangrik! Betalings sal eers binne 2 – 3 werksdae in die Matie Fiets-rekening wys. (Internasionale betaling sal binne 2 weke aangegee word en die terugbetaling word gehef met bankgelde wat van die deposito afgetrek sal word.) |
|
1.3 | Departemente / afdelings: Rig ’n interdepartementele rekwisisie van R2 650 per fiets aan die Vervoervoerdienste, OE 5925, kommoditeitskode 8800. | |
2. | Besoek die Matie Fietskantoor enige tyd tussen 08:00 en 16:00. | |
3. | Bring die volgende saam na die Matie Fietskantoor se kantoor by Vervoervoerdienste in Banghoekweg. (Kliek hier vir ’n kaart - nr. 26 op die kaart) | |
3.1 | Jou kwitansie | |
3.2 | Studente-/ personeelkaart | |
3.3 | Identiteitsdokument | |
3.4 | Selfoonnommer (SA selfoonnommer vir buitelandse studente) | |
3.5 | Paspoort en studiepermit (internasionale studente) | |
3.6 | Verblyfsadres op kampus | |
3.7 | Dit is verpligtend om ’n Suid-Afrikaanse bankrekening te hê waarin deposito’s aan die einde van die huurtydperk terugbetaal kan word. Sorg asseblief dat amptelike bankbesonderhede verskaf word sodat ons jou terugbetaling kan doen. Let wel: Terugbetalings in kontant of per tjek is gestaak. | |
3.8 | Vir internasionale studente wat nie ’n Suid-Afrikaanse bankrekening kan oopmaak nie – voorsien ons asseblief van jou internasionale bankbesonderhede (bevestigingsbrief van jou bank of bankstaat) en bewys van woonadres (internasionale woonadres). Wagtydperk vir terugbetalings neem tussen 2-3 weke en studente sal die bankgelde gehef word wat van die deposito afgetrek sal word. | |
4. | Die kontrak word gefinaliseer en jy ontvang jou fiets. | |
5. | Vir meer inligting, stuur e-pos na fiets_bike@sun.ac.za |