Raamwerk wat besluitneming rig

Die volgende raamwerk informeer en rig aanbevelings en besluite t.o.v. vervoerverwante aangeleenthede:

  1. Die US se primêre rol is om te dien as katalisator van en aanmoediger van die skep van nuwe, volhoubare openbare vervoergeleenthede, in aansluiting met bestaande openbare vervoeropsies.
  2. Binne hierdie konteks ondersteun die US stap en fietsry as voorkeur opsies vir die sentrale kampus, en word ‘n dagpendeldiens gebruik om die randte en sentrale kampus met mekaar te verbind.
  3. Buite die kampus moedig die US privaatdiensverskaffers aan om aanvullende vervoerdienste te lewer wat die kampus verbind met openbare vervoer of ander privaat dienste.
  4. Die bepaalde konteks en omstandighede van ‘n spesifieke versoek word in ag geneem tydens besluitneming.
  5. Besluite moet ten alle tye aan wetlike vereistes voldoen. Dit sluit in wetgewing t.o.v. die lisensiëring van voertuie en die Verbruikersbeskermingswet.
  6. Die US wil deur sy optrede verhoudinge met die gemeenskap versterk. Daarom is noue interaksie, skakeling en samewerking met verskillende rolspelers onontbeerlik.
  7. Betrokkenheid by vervoerdienste moet op ‘n finansieel verantwoordelike wyse geskied.
  8. Dienste op die kampus word bekostig uit ‘n kombinasie van “gebruiker betaal” en US subsidie. Die verhouding tussen die twee komponente word bepaal deur die US Bestuur, in ooreenstemming met US prioriteite en beskikbaarheid van fondse.
  9. Dienste buite die kampus word bekostig deur die gebruiker self