Kampuspendeldiens (Stellenbosch)

'n Kampuspendeldiens is op die sentrale kampus beskikbaar. Hierdie diens fokus op die volgende behoeftes:

  1. Vervoer tussen die algemene parkeerareas op die rand van kampus en die kampuskern gedurende die dag.
  2. Vervoer vir en na diensafdelings en departemente op die rand van die kampus (bv. Voedselwetenskap en Welgevallen) na en van die kampuskern.
  3. Vervoer van kongresgangers na en vanaf die algemene parkeerareas op die rand van kampus.

Skedule, koste, identifikasie-/betalingsmeganisme, roetes, optelpunte

    A
B
   

Dagpendelbussie

07:00 – 17:30 (op kampus)

Nagpendelbussie

18:00 – 02:00 (bespreekte diens in dorp)

1 Fokus Diens tussen die algemene parkeerarea op rand van kampus en sentrale kampus gedurende die dag

'n Bespreekte Diens vanaf optelpunt by Neelsie na privaat behuising in breër dorp vir studente wat tot laat studeer.

Maak 'n bespreking

 
2 Skedule

Maandag tot Vrydag

Klier hier vir skedule van tye

Begin: Begin van verwelkomingsweek

Eindig: Laaste dag van Desember-graduering (weeksdag)

Uitsluitings: Pendeldiens funksioneer NIE gedurende die volgende periodes nie:

  • naweke en openbare vakansiedae
  • reses/vakansie
  • 2de eksamengeleentheid

*Aangepaste tye vir eerste geleentheid eksamens:

  • COETZENBURG/CONSERVE
    7:00-9:00 Elke 15 min en daarna elke 30 min
  • LENTELUS/JOUBERT
    7:30-9:30 Elke 15 min en daarna elke uur 

Maandag tot Sondag

Elke uur, vanaf 18:00 (laaste rit vertrek om 02:00)

Begin: Begin wanneer klasse begin

Eindig: Laaste dag van Desember-graduering (weeksdag)

Tye: Uurliks tussen 18:00 – 02:00
Bespreking is noodsaaklik!

 
3 Identifikasie-/Beta-lingsmeganisme Studente- of personeelkaart Studente- of personeelkaart
 
  Roetes
   
4 Kleur en beskrywing op kaart: Coetzenburg na Konservatorium via Skuilhoek of Van Riebeeckstraat Nie 'n vaste roete
Lentelus/Silvertrees na Joubertstraat via Hammanshandweg  
Konservatorium na Welgevallen Proefplaas  
5 Spesifieke bepalings:   Beweeg slegs binne radius van 6km vanaf die Neelsie
6 Kaarte: Dagpendeldiensroetes 6km radius
7
Optelpunte: Elke roete se optelpunte word op die kaart aangedui met 'n diamant in die kleur van die roete. Aflaaipunte word met 'n vierkant aangedui. Neelsie parkeerarea – by die hoofingang na die Neelsie (oostelike kant).
 
8
Koste vir Studente / personeel wat geregistreer is vir parkering: Geen addisionele koste. Geen addisionele koste.
9 Koste vir Studente / personeel wat nie geregistreer is vir parkering nie: Bedrag sal later bekend gemaak word. Geen addisionele koste.
 

 

 


 

Tygerberg pendelbussie

Fokus Vervoer Tygerberg koshuisstudente wat bespreek het, tussen die kampusoptelpunt en nabygeleë winkelsentrums – tans Tygervallei (Ma – Wo) en Parowsentrum (Do), asook na private behuising binne ‘n 6km radius.
Skedule

1. Bespreek via hierdie skakel.
2. Hierdie diens is nie Sondae of openbare vakansiedae beskikbaar nie.

  • Begin: Wanneer klasse begin
  • Eindig: Laaste dag van Desember-graduering
  • Bespreking is noodsaaklik

3. Vir beskikbare rittye, sien die opsomming hieronder:

WEEKSDAE:

  • Tygerberg-kampus (TSS) - Tygervallei Sentrum SLEGS (Maan, Dins, Woens, Vry) *17:00
  • Tygerberg-kampus (TSS) - Parow Sentrum SLEGS (Don) *17:00
  • Tygerberg-kampus (TSS) - Tygerberg omliggend & sentrum *18:00
  • Tygervallei Sentrum – Tygerberg-kampus (TSS) (Maan, Dins, Woens, Vry) *19:00
  • Parow Sentrum – Tygerberg-kampus (TSS) (Don SLEGS) *19:00
  • Tygerberg-kampus (TSS) - Tygerberg omliggend *19:30 *20:30 *21:30 *22:30

SATURDAE SLEGS:

  • Tygerberg-kampus (TSS) - Omliggend & Parow Sentrum *09:00
  • Tygerberg-kampus (TSS) - Omliggend *10:00 *11:00 *13:30 *14:30
  • Tygerberg-kampus (TSS) - Omliggend & Tygervallei Sentrum *12:30
  • Parow Sentrum – Tygerberg-kampus (TSS) *12:00
  • Tygervallei Sentrum – Tygerberg-kampus (TSS) *15:30
Optelpunt
  1. Voor Tygerberg Studentesentrum (TSS)
  2. Ingang 9 by Tygervallei Sentrum
  3. Ingang 4 by Parow Sentrum

 

 


 

Gedragskodes vir gebruikers van die Matie Bus


Algemeen

Die gedragskode is van toepassing op:

  1. Alle Matie Busse of pendelbusse.
  2. Alle bushaltes van die US.

Gebruikers

  1. Wag totdat die Matie Bus heeltemal tot stilstand gekom het voordat jy inklim.
  2. Hou jou kaart voor die kaartleser as identifikasiemiddel of betaal flink met jou US personeel- of studentekaart sodat die vertrek van die Matie Bus nie vertraag word nie.
  3. Hou jou sitplekgordel aan vir die volle duur van die rit.
  4. Wees bedagsaam teenoor ander passasiers.
  5. Respekteer ander passasiers se privaatheid.
  6. Geen artikel mag by die vensters of deure van die Matie Bus uitgegooi word nie.
  7. As jy na musiek wil luister, gebruik asb. oorfone.
  8. Daar mag nie geëet, gerook of gemors word in die bussies of die bushaltes nie.
  9. Geen alkohol word toegelaat nie.
  10. Moenie die bestuurder of ander passasiers lastig val nie.
  11. Moenie op die sitplekke lê nie.