Aansoeke, wysigings en kriteria

  1. Vir studente:

    2.1 Toekenningskriteria
    2.2 Studente in US koshuise en ander US-behuising
    2.3 Privaat studente
    2.4 Tygerberg PhD- en postdoktorale studente
    2.5 Vakansieparkering

2.1 Toekenningskriteria

Studente in US-behuising

Finale toekenning geskied nadat aansoeke gesluit het, en in samewerking met die betrokke koshuise en US studentebehuising. Let asb daarop dat die valbome by koshuise in die begin van die jaar oop gelos word en parkering beskikbaar is vir gebruik indien ooreengekom met die geaffekteerde koshuis en omgewing. 

Privaat studente

Kriteria wat in ag geneem word is vorige jare se parkeertoekenning, afstand van student se losies/woning na kampus, senioriteit en studente met gestremdhede. Die studente parkeerareas word oop gelos en is beskikbaar in die begin van die jaar.

 
Studenteaansoeke
2.2 Studente in US-koshuise en ander US-behuising
LW. Koshuise soos Lobelia, Concordia, Huis MacDonald en Goldfields moet ook aansoek doen.
Proses: 2.2.1

Klik hier om elektronies aansoek te doen NADAT jou akademiese aansoek elektronies ingedien is.

2.2.2 Jy ontvang 'n e-pos wat bevestig dat jou aansoek suksesvol ingedien is.
2.2.3 Jou aansoek sal oorweeg word aan die hand van beskikbaarheid van parkering.
2.2.4

Koshuise se parkeerskyfies sal, sodra dit gereed is, aan die onderskeie koshuise se HK-lede wat verantwoordelik is vir parkering, gestuur word. Skyfies vir studente in ander US behuising kan teen die einde van Maart afgehaal word by die kantore van Vervoerdienste (Banghoekstraat 48) of die Voertuigpark (Tygerberg). Indien toekennings later in die jaar plaasvind, kan hierdie skyfies afgehaal word by die kantoor van die jou kampus se parkeerkoördineerdeer.

2.2.5 Let wel: In die geval van 'n kansellasie van parkering sal die bedrag verskuldig 'n pro rata-bedrag wees wat bepaal word volgens die tyd wat verloop het vanaf die datum van toewysing tot die datum waarop die kansellasie deur die parkeerkoördineerder ontvang is (in maandsegmente).
Stelsel oop: 2 Januarie 2024
Sluitingsdatum: 18 Februarie 2024
Toekenning in werking: 1 Maart 2024
 
2.3 Privaat studente  
LW. Ontvang parkering in die algemene parkeerareas.
Proses: 2.3.1 Doen elektronies aansoek NADAT jou akademiese aansoek elektronies ingedien is.
  2.3.2 Jy ontvang 'n e-pos wat bevestig dat jou aansoek suksesvol ingedien is.
  2.3.3

Indien parkering aan jou toegeken word, sal dit per e-pos bevestig word. Periferie skyfies word per e-pos gestuur. Druk dit op wit papier en vertoon dit op u motor se voorruit. Indien jy Algemene parkering op sentraal kampus ontvang het moet jy jou skyfie begin Maart gaan afhaal by Vervoerdienste, Banghoekstraat 48.

  2.3.4 Let wel: In die geval van 'n kansellasie van parkering sal die bedrag verskuldig 'n pro rata-bedrag wees wat bepaal word volgens die tyd wat verloop het vanaf die datum van toewysing tot die datum waarop die kansellasie deur die parkeerkoördineerder ontvang is (in maandsegmente).
Stelsel oop: 2 Januarie 2024
Sluitingsdatum: 18 Februarie 2024
Toekenning in werking: 1 Maart 2024
 
2.4 Tygerberg: PhD- en postdoktorale studente
Prosedure: 2.4.1 Volg die voorgeskrewe aansoekprosedure vir studente, soos in 2.2 hierbo.
Stelsel oop: 2 Januarie 2024
Sluitingsdatum: 18 Februarie 2024
Toekenningsproses: 2.4.3 Slegs indien daar nog parkeerplek beskikbaar is binne P5, sal die aansoek oorweeg word.
  2.4.4 Indien die versoek (by 2.3.2 hierbo) vir toelating tot P5 teen die sluitingsdatum ontvang en daar parkeerplek beskikbaar is, sal parkering vanaf 1 Maart in P5 toegeken word.
  2.4.5 Indien die versoek nie betyds ontvang is nie, sal Algemene parkering in P11 toegeken word. Die versoek sal dan eers na toekenning van parkering oorweeg word en toegestaan word indien daar nog plek in P5 beskikbaar is.
 
2.5 Vakansieparkering
Prosedure: 2.5.1 Meld aan by Academia op die dag wat die voertuig gestoor moet word.
  2.5.2 Die beampte voltooi die nodige vorms saam met die student ('n wit vorm, en 'n nota vir die motorvenster)
  2.5.3 Voltooi die toegangsboek en skryf die "Book No" op die wit vorm.
  2.5.4 Plaas die nota in die motorvenster.
  2.5.5 Hou die wit vorm veilig – dit is die toegangskaart om weer die voertuig af te haal.
LW. Geen voertuig mag by die kantore van Kampussekuriteit in Merrimanlaan geparkeer word vir die vakansie nie.
Tygerberg: Koshuisstudente wie vir parkering geregistreer is, kan vir vakansieparkering oor Desember en Januarie met Tygerberg Vervoerdienste reël. Die toestaan hiervan is onderhewig aan beskikbaarheid.