Doen jou deel

Personeel en studente kan beide 'n wesenlike bydrae lewer tot waterbesparing – nie net op kampus nie, maar ook tuis. Vlak 5-waterbeperkings is tans in die Stellenbosch en Stad Kaapstad munisipale areas in werking. Dit beteken watergebruik word beperk tot 87 liter per persoon per dag.

Studeerkamer Badkamer Kombuis
 

Jy kan onder meer dít doen om te help water bespaar:

Rapporteer lekkende krane, sproeiers en ander toestelle op kampus by (021) 808-4666.
Gebruik herbruikbare bottels. Drie tot vyf liter water word gebruik om een liter gebottelde water te maak.
Wees op die kampusse na die uitkyk na die nuwe waterstasies met hulle nuwe handelsmerk.

Stuur nog waterbesparingswenke aan groen_green@sun.ac.za.

 

Badkamer
  • Stort eerder as om te bad. 'n Half-gevulde bad gebruik 113 liter water, terwyl 'n vyf-minute stort minder as 56 liter gebruik. (Vlak 5-waterbeperkings moedig 'n twee-minute stort aan.)
  • Terwyl jy wag vir die water om warm te word, moenie die kraanwater in die drein laat afloop nie. Vang eerder die water op in 'n houer om te hergebruik.
  • Gebruik eko-vriendelike seep sodat water hergebruik kan word.
  • Vir gryswater – water uit storte word herwin. Moenie dit met ander materiaal besoedel nie
  • Draai die kraan toe terwyl jy seep aan jou hande smeer, tande borsel of skeer. 'n Lopende kraan mors tot 6 liter water binne 2 minute.
  • Maak seker alle krane is styf toegedraai. 'n Druppende kraan mors tot 30 liter water per dag, wat gelykstaande is aan 10 000 liter per jaar.
Kombuis
  • Spoel groente en vrugte in 'n wasbak met water af eerder as om dit onder 'n lopende kraan af te spoel. Gebruik dan dié water in die tuin.
  • Wag tot jy 'n groot bondel wasgoed het voor jy die masjien laai of doen wasgoed saam met 'n vriend.
  • Moenie die ketel vol maak elke keer as jy water kook nie.
Studeerkamer
  • Kommunikeer met elektroniese mediums. Dit neem 10 liter water om een vel A4-papier te produseer.