Nuwe studente: In ‘n neutedop  


Click here for English

Maties gee om vir die omgewing

By die Universiteit Stellenbosch glo ons dat ons studente bemagtig moet wees om globale burgers vir volhoubare ontwikkeling te word. Ons hoop dat jou tyd hier sal bydra tot jou verwagtinge vir hoe die wêreld behoort te wees, terwyl ons gesonder, skoner, veiliger en omgewingsvriendeliker, produktiewe ruimtes vir ons studente en personeel skep ons omgewing van koolstofdioksied te verlig en ons koolstofvoetspoor te verminder.

Ons het in ons strewe om meer omgewingsvolhoubaar en veerkragtig te word, agt temas geïdentifiseer. (Kliek om te vergroot.)

 

Water

Water bly een van ons kosbaarste hulpbronne. Ons is daartoe verbind om dit in die jare vorentoe slim te gebruik. Die Universiteit Stellenbosch is geleë in die Wes-Kaap, ’n waterskaarsgebied wat weens droogtes gereeld tot watertekorte geneig is. Kyk na hierdie video vir ’n bondige oorsig van hoe ons op al ons kampusse water bespaar.

Afval

Ons poog om die hoeveelheid afval wat op ons kampusse voortgebring word, aansienlik te verminder en om waar dit ook al moontlik is, afval van opvulterreine weg te hou. SR-voorsitter Xola Njengele verduidelik in die video hoe ons dit doen.

Biodiversiteit en grondgebruik

Elkeen van ons is deeglik bewus van die feit dat ons kampusse deel van ’n groter ekostelsel uitmaak. Ons probeer dus om ons impak op die omgewing en die natuurlike hulpbronne wat aan ons beskikbaar is, te minimaliseer. Ons beskerm ons bome, bewaar ons reservate en moniteer ons rivier- en berggebiede. Kyk bietjie hoe ons die beskikbare ruimtes gebruik om biodiversiteit te bevorder en versterk.

Reis en mobiliteit

Ons mikpunt is om ons kampusse vir almal meer omgewingstoeganklik te maak deur verkeersopeenhoping en vrystellings uit voertuie te verminder. Hier is hoe jy jou deel kan doen.

Volhoubare geboue

By die Universiteit Stellenbosch pas ons volhoubare ontwerpbeginsels toe wat help om die omgewingsimpak van ons bouwerk, opknappings en werksaamhede te verminder. Kyk hoe ons geboue tot ons omgewingsvolhoubaarheid bydra.

Energie en vrystellings

Die grafiek gee ’n oorsig van hoe ons energieverbruik op kampus bestuur. Energie is die grootste bydraer tot ons CO2-vrystellings en ander kweekhuisgasse wat vrygestel word, want dit word uit brandende fossielbrandstowwe opgewek. Dit moet verander op ons reis om netto koolstof zero te bereik.

Goedere en dienste

Die grafiek gee ’n oorsig van hoe die verkryging van ons goedere en dienste toesien dat omgewingsvolhoubaarheid vir ons personeel, studente en verskaffers verseker word.

Deelname

Die grafiek illustreer ons pogings om ’n gemeenskap met kampioene van omgewingsvolhoubaarheid te skep, met studente, personeel en leierskap wat almal by mekaar leer.

 

Dis in jou hande

Ons programme en inisiatiewe vir omgewingsvolhoubaarheid word gelei deur die wete dat die aarde beperk is, maar tog bestaan uit baie stelsels wat onderling verbind is. Daarom moet al ons handelinge ekologies gesond, sosiaal regverdig en ekonomies lewensvatbaar wees. Kontak Dannica Pedro by dpedro@sun.ac.za of 021 808 4180 of Christine Groenewald by clgroenewald@sun.ac.za of 021 808 2452 om meer uit te vind!

Ons hoop dat die inligting op hierdie bladsy jou toerus om ’n persoonlike reis aan te pak om jou impak op ons gedeelde omgewing te verminder sodat ons almal vir menige jare in ’n gesonder wêreld kan leef, leer en werk.