Gevorderde Sertifikaat in Musiekgeletterdheid (Versnelde Program)

Toelatingsvereistes:

Daar is geen voorvereistes vir toegang tot hierdie kursus nie.

Studente moet egter oor groot potensiaal beskik om met tersiêre studies voort te gaan.

Programduur:

Een jaar, deeltyds;

Hoeveel ure per week? Alle klasse vind gedurende die dag plaas.

Vir wie?

Hierdie kursus is ontwerp vir studente wat hulle musiekvaardighede wil bevorder ter voorbereding vir tersiêre musiekstudies.

Studente wat beplan om na voltooiing van hierdie kursus vir die Hoër Sertifikaat- / Diploma- / BAMus- / BMus-program in te skryf, en ook aan die Universiteit se Toelatingsvereistes vir hierdie program voldoen.

Wat behels die Gevorderde Sertifikaat in Musiekgeletterdheid?

Studente moet vir Musiekvaardighede (musiekteorie en gehooropleiding) en Praktiese Musiekstudie in enige van die onderstaande instrumente inskryf, sowel as vir Algemene Musiekleer. Ensemble en Jazz-teorie is opsionele modules.

Ensemblespel is essensieel vir alle instrumentele studente en sangstudente, en hulle word aangemoedig om vir ten minste een van die Musiekdepartement se ensembles ‘n oudisie af te lê.

ENSEMBLES

Watter instrumente kan ek bestudeer?

Enige orkesinstrumente: stryk-, houtblaas-, koperblaas- en perkussie-instrumente; klavier, orrel, harp, blokfluit, kitaar, sang, dirigering en kerkmusiek.

Uitgangsvlak:

Teorie: Graad 4;

Prakties: Graad 6

Gradering

NKR Vlak 4/5

Navrae:

Programkoördineerder: 

Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za 

Voornemende studente navrae & toelatings:

Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za 

Oudisies vir Voor-Voorgraadse Programme

Ten einde vir enige van die voor-voorgraadse programme of sertifikaatprogramme aan die Musiekdepartement aansoek te doen, kan voornemende student ‘n e-pos aan fsmlesch@sun.ac.za stuur, of hierdie aansoekvorm voltooi.

Aansoekvorm

U sal na indiening van u aansoek deur die oudisiekoördineerder gekontak word.

Die skedulering van oudisies sal in oorleg met die oudisiekoördineerder geskied.

Oudisie-vereistes:

Praktiese Oudisie:

Die student moet 2 stukke van sy / haar eie keuse vir die praktiese oudisie voorberei. Die stukke moet kontrasterende style hê. 

Let asseblief daarop dat studente wat vir sang, ‘n orkesinstrument of dirigering aansoek doen, verkieslik hulle eie begeleiers vir die oudisie moet verskaf.

Teoretiese plasingstoets:

Aansoekers wat oor ‘n mate van musiekgeletterheid beskik, moet ook ‘n geskrewe teoretiese vaardigheidstoets as deel van die oudisie aflê.

Kontak:

Programkoördineerder: 

Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za 

Voornemende studente navrae & toelatings:

Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za