Nagraadse Diploma in Musiektegnologie

Toelatingsvereistes

Om vir hierdie kursus aansoek te doen moet voornemende studente oor ‘n driejarige graad met musiekinhoude (in enige vakgebied) beskik.

Programduur:

Intensiewe eenjarige kursus.

Vir wie?

Is jy lief vir musiek? Sou jy dit opwindend vind om rekenaars en elektroniese sagteware te gebruik om musiek te verwerk of komponeer?

Hierdie kursus ontwerp op ‘n manier wat studente toelaat om ‘n gekose spesialiseringsarea binne die veld van Musiektegnologie, soos  te volg.

Wat behels die Nagraadse Diploma in Musiektegnologie?

Dit is ‘n projekgebaseerde kursus waarin die kommersiële aktiwiteite van die departement se opneemstudios as ‘n voertuig gebruik word om studente aan die vloei van die proses in werklike werksomgewings bloot te stel. Hierdie kursus fokus op die opneem en produksie van musiek. Die program stel jou bekend aan die teoretiese en praktiese vaardighede wat nodig is om met sagtewareprogramme soos ProTools en Csound in ‘n wye reeks musiekstyle te eksperimenteer. Ons lei jou ook op om interaktiewe multimedia-sisteme vir musiekoptredes, teater, opvoedkundige vermaak of museumuitstallings te ontwikkel. Ons moderne klankstudies en -venues is van die voorstes in die land.

Navrae:

Programkoördineerder: Dr Gerhard Roux  E-pos:  groux@sun.ac.za

Oudisies vir Nagraadse Programme

‘n Oudisie word vereis vir spesialisering in Praktiese Musiekstudie (Solo sang / Solo instrument / Begeleiding / Kamermusiek / Dirigering).

‘n Portefeulje van komposisies moet ingedien word indien u vir die Komposisie-opsie aansoek doen.

Beurse:

By die oudisies word studente outomaties vir ‘n aantal Departementele Beurse oorweeg.

BEURS AANSOEKE

Sou u addisionele inligting verlang, kan u die volgende personeellede kontak:

Nagraadse koördineerder: Dr Pieter Grobler E-pos: pjcgrobler@sun.ac.za