KOMPOS

KOMPOS, wat staan vir Komponiste van Stellenbosch, is ‘n organisasie wat binne die Musiekdepartement gestig is om studente-komponiste by die universiteit te bevorder deur middel van deurlopende opvoering en verspreiding van hul nuwe werke. ‘n Konsert van premières word elke semester deur die komposisiestudente van Universiteit Stellenbosch aangebied. Sedert die projek se ontstaan in 2010 is’n groot aantal opvoerings van nuwe werke aangebied.

Soos die naam voorstel, is KOMPOS se doelstelling om ‘n omgewing te skep om studente van die Musiekdepartement aan te moedig en te stimuleer. Die projek streef dus daarna om ‘n gelyke platform van geleenthede vir komponiste, dirigente en spelers te skep. KOMPOS ag ook inter-dissiplinêre interaksies baie hoog. Die samewerking met ander kunsdepartemente, naamlik Drama en Beeldende Kunste, lewer ‘n unieke en betekenisvolle bydrae tot die KOMPOS-projek.

facebook