Instrumente Beurse

JC Coetzee-beurse vir Kerkorrelspel

Wie kwalifiseer? Orrelstudente wat hulle as kerkorreliste wil bekwaam

Aansoeke: Dr Mario Nell mdn@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 28 Februarie

Besonderhede: ’n Aantal merietebeurse beskikbaar gestel deur die NG Kerk in Suid-Afrika

Edna Elphick

Wie kwalifiseer? Ingeskrewe of voornemende studente (voltyds of deeltyds), asook oudstudente van die Konservatorium. Mededingers mag nie ouer as 25 jaar wees op 30 September van die jaar waarin deelgeneem word nie.

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 30 September

Besonderhede: Tjello. Een beurs word beskikbaar gestel. Die toekenning geskied op grond van mededinging. Aansoekers moet in die openbaar ’n kort konsertprogram voor beoordelaars uit- voer. Toekenning sal net geskied indien die standaard bevredigend is. Die geld moet aange- wend word vir studie aan die Konservatorium, of vir buitelandse studie aan ’n goedgekeurde instelling.

Smallie

Wie kwalifiseer? Besonder verdienstelike voltydse musiekstudent(e) in klavier, viool of sang

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Besonderhede: Een of twee beurse word jaarliks vir ’n maksimum tydperk van twee jaar toegeken. Die toekenning word deur die Voorsitter van die Departement Musiek gedoen. Boedel wyle me LE Smallie.

Universiteit Stellenbosch Vrouevereniging

Wie kwalifiseer?

Die beurs word aan ’n verdienstelike voornemende derdejaarstudent vir voordrag (enige instrument of sang) toegeken. Aansoekers moet teen die einde van hulle tweede studiejaar ’n kort openbare program voor beoordelaars uitvoer.

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 30 September

Besonderhede: Uit ’n skenking van die US Vrouevereniging.