Skip to main content

Die Departement Musiek

Die besondere plek, omgewing en geskiedenis van die Departement Musiek van die Universiteit van Stellenbosch het gelei tot ‘n fokus op kunsmusiek in die mees inklusiewe sin van die word (in ‘n groot mate, maar op geen manier uitsluitlik nie, van die Westerse tradisie). Hierdie musiek word beskou as ‘n “natuurlike” vorm van musikale uitdrukking. Dit is egter ‘n fokus op kuns musiek binne ʼn diverse kulturele en sosio-ekonomiese ongelyke samelewing.

Daarom is die Departement se aktiwiteite is nie net ontwerp om toekomstige ontwikkeling van hierdie erfenis te versterk nie, maar ook doelbewus om dit te doen binne die huidige uitdagings en implikasies van kulturele diversiteit en sosio-ekonomiese ongelykheid.

Hierdie plaaslike konteks en fokus verbind die Departement aan kunsmusiek as ‘n (nie noodwendig homogene) internasionale taal en praktyk. Dit stel ons in staat om deel te neem in die vrye vloei van musikale idees, artefakte en praktyke wat kenmerkend is van die hedendaagse akademie. Hierdie brug, op sigself ‘n kragtige simbool van hoop, maak voorsiening vir die nastrewing van internasionale belange in dieselfde mate as wat dit belangstelling kweek in kunsmusiek binne ‘n konteks van diversiteit veral die Wes-Kaap, om sodoende spesiale waarde by te voeg tot die studie van musiek op ‘n internasionaal kompeterende vlak.

Hierdie spesifieke konteks en fokus maak ons uniek en aantreklik vir studente, kunstenaars, opvoeders, skoliere en tegelykertyd navorsers van binne en buite ons grense.

Geskiedenis

Die Konservatorium is in 1905 gestig deur prof L.W. Jannasch, Hans Endler, mnr Armin Schniter, me Nancy de Villiers en mev F von Willich. Dit het bekend gestaan as die Suid-Afrikaanse Konservatorium van Musiek en was geleë in Van Riebeeckstraat, Stellenbosch.

Aanvanklik was die Konservatorium ‘n private instelling totdat Prof Hans Endler dit in 1934 verkoop het aan die Universiteit van Stellenbosch.  Sodoende is ‘n musiekdepartement in die Fakulteit van die Kunste aan die Universiteit tot stand gebring. Gedurende die tydperk 1934 – 1937 was die Konservatorium onder direkte bestuur van die Universiteit. Die nuwe moderne Konservatorium gebouwat bekend staan vir sy uitsonderlike akoestiese eienskappe is ontwerp deur Colyn en Meiring, en is in 1978 voltooi.

Die nuwe gebou kan ongeveer 140 voltydse voorgraadse studente, plus heelwat nagraadse en deeltydse studente akkommodeer. Metsy vele konserte en uitvoerings, speel die Konservatorium, en in besonder die Endlersaal, ‘n belangrike rol in die kulturele lewe van Stellenbosch.

Prof Friedrich Wilhelm Jannasch

Direkteur van die Konservatorium (1905-1921)

Prof Hans Endler

Direkteur van die Konservatorium (1922-1937)

Prof Maria Fismer

Direkteur van die Konservatorium (1938-1951)

Die Konservatorium is in 1905 gestig deur prof L.W. Jannasch, Hans Endler, mnr Armin Schniter, me Nancy de Villiers en mev F von Willich.

Die Suid-Afrikaanse Konservatorium van Musiek en was geleë in Van Riebeeckstraat, Stellenbosch. Aanvanklik was die Konservatorium ‘n private instelling totdat Prof Hans Endler dit in 1934 verkoop het aan die Universiteit van Stellenbosch.

Prof Richard Behrens

Direkteur van die Konservatorium (1961-1988)

Die nuwe moderne Konservatorium gebou wat bekend staan vir sy uitsonderlike akoestiese eienskappe is ontwerp deur Colyn en Meiring, en is in 1978 voltooi.

Close Menu