Gevorderde Sertifikaat in Musiekgeletterdheid

Toelatingsvereistes:


Matrieksertifikaat

Teorie Graad 3/4

Prakties Graad 5/6

Die Gevorderde Sertifikaat is ‘n keuringsprogram – studente moet vooraf ‘n keuringsoudisie en teoretiese toetsing aflê.

Programduur:

Een jaar, deeltyds;

Ses ure se klasse per week, na-ure.  

Vir wie?

Hierdie kursus is ontwerp vir studente wat tersiêre musiekstudies wil onderneem.

Wat behels die Gevorderde Sertifikaat in Musiekgeletterdheid?

Studente moet vir Musiekvaardighede (musiekteorie en gehooropleiding) en Praktiese Musiekstudie in enige van die onderstaande instrumente inskryf, sowel as vir Algemene Musiekleer. Ensemble en Jazz-teorie is opsionele modules.

[Studente wat beplan om die Hoër Sertifikaat / Diploma / BAMus (Rigting: Tegnologie) of die BMus program na afloop van hierdie kursus te volg, moet al die Universiteit se toegangsvereistes nakom.]

Watter instrumente kan ek bestudeer?

Enige orkesinstrumente: stryk-, houtblaas-, koperblaas- en perkussie-instrumente; klavier, orrel, harp, blokfluit, kitaar, sang, dirigering en kerkmusiek.

Van watter ensembles sal ek deel wees ?

ENSEMBLES

Uitgangsvlak:

Teorie: Graad 5;

Prakties: Graad 7

Gradering

NKR Vlak 4.

Navrae:

Programkoördineerder: 

Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za 

Voornemende studente navrae & toelatings:

Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za 

Oudisies vir Voor-Voorgraadse Programme

Ten einde vir enige van die voor-voorgraadse programme of sertifikaatprogramme aan die Musiekdepartement aansoek te doen, kan voornemende student ‘n e-pos aan fsmlesch@sun.ac.za stuur, of hierdie aansoekvorm voltooi.

Aansoekvorm

U sal na indiening van u aansoek deur die oudisiekoördineerder gekontak word.

Die skedulering van oudisies sal in oorleg met die oudisiekoördineerder geskied.

 

Oudisie-vereistes:

Praktiese Oudisie:

Die student moet 2 stukke van sy / haar eie keuse vir die praktiese oudisie voorberei. Die stukke moet kontrasterende style hê. 

Let asseblief daarop dat studente wat vir sang, ‘n orkesinstrument of dirigering aansoek doen, verkieslik hulle eie begeleiers vir die oudisie moet verskaf.

Teoretiese plasingstoets:

Aansoekers wat oor ‘n mate van musiekgeletterheid beskik, moet ook ‘n geskrewe teoretiese vaardigheidstoets as deel van die oudisie aflê.

Kontak:

Programkoördineerder: 

Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za 

Voornemende studente navrae & toelatings:

Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za