Schola Cantorum

In die eerste ses jaar van Schola Cantorum se bestaan het die akademiese kamerkoor en residensiële koor van die SU Musiekdepartement hom gevestig as een van die toonaangewende kore in die land. Die musikale standard van die koor, wat gestig is met die primêre doel om te dien as instrument vir nagraadse studente in koordirigeerkuns aan die universiteit, geniet geruime tyd reeds internasionale aansien. ‘n Sleutelpersoon in die aanvanklike totstandkoming van die koor, was koordoyenne Acáma Fick. Studentewerkswinkels en eksamens gee koorlede die geleentheid om met verskeie internasionale en nasionale dirigente en leerkragte in sang saam te werk; ‘n praktyk wat in 2009 benadruk is by die eerste Stellenbosch Universiteit Internasionale Simposium vir Koordirigente in 2009, asook by die drie koorseminare wat in 2010, 2011 en 2012 gevolg het, waar Schola Cantorum die residensiële koor was.

Ander projekte sluit in deelname aan Carmina Burana met die Kaapse Filharmoniese Orkes in Februarie 2009, optredes by die Stellenbosh Musiekvereniging en die Musiekakademie van die St Andrews Presbiteriaanse Konsertreeks in 2008, ‘n optrede by die 150ste herdenking van die Teologiese Seminarie in Stellenbosch later in 2009 en verskeie werkswinkels en meesterklasse van die Musiekdepartement. In 2010 het die konsertkoor opgetree onder leiding van Kåre Hanken in ‘n uitvoering van Bach se Jesu meine Freude en onder Romāns Vanags in ‘n uitvoering van Baltiese musiek saam met saksofoonspeler Artis Simanis.

Die koor het ook kragte saamgesnoer met gerekende musici soos Peter Martens, Mario Nell, Marinda Snyman, en Grant Brasler. Verdere koorrepertorium sluit in Bach se Kantatas BWV 61 en 196, Vivaldi se Gloria, Mozart se Mis in G K49, Rheinberger se nege Advent-motette, Janáček se Onse Vader, Grieg se Vier Psalms, Britten se Vuf Blommeliedere, Widor se Mis vir Orel en Koor, Mäntyjärvi se Vier Shakespeare-liedere, Duruflé se Vier Motette genaseer op Gregoriaanse Chants, Sandvold se Vyf Latynse Kerkwerke, Jennefelt se Waarskuwing aan die Rykes en Stenhammer se Drie Koorliedere.

facebook