MPhil (Musiektegnologie)

Toelatingsvereistes

Enige persoon wat in besit is van die Nagraadse Diploma in Musiektegnologie of enige ander kwalifikasie wat deur die Senaat as geskik en genoegsaam geag word, kan tot die eenjarige MPhil-graad toegelaat word.

Afhangende van studie-agtergrond en ervaring van die aansoeker mag aanvullende werk as voorvereiste gestel word alvorens die persoon tot die studie toegelaat word.

Alhoewel basiese musiekkennis ‘n voorvereiste is vir toelating, is dit vanweë die modulêre aard van aanbieding moontlik om studente wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, te akkomodeer.

Voornemende kandidate word daarop gewys dat aanvaarding van die navorsingsvoorstel onderhewig is aan die suksesvolle voltooiing van Navorsingsmetodologie 414.

Programduur:

Een jaar

Wat behels die MPhil (Musiektegnologie)?

Gevorderde tegniese- en navorsingsvaardighede op die gebied van musiektegnologieen multimedia. ‘n Gekwalifiseerde persoon moet tegnologie sinvol en verantwoordelik kan toepas en ontwikkel.

Navrae:

Programkoördineerder: Gerard Roux E-mail: groux@sun.ac.za