SIKMF Gemeenskapsvennote

Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees Gemeenskapsvennote

Gemeenskapsontwikkeling vorm ‘n integrale deel van die SIKMF.’n Aantal musiekontwikkelingsprogramme van verskeie gemeenskappe word elke jaar genooi om deel te neem. Die deelnemers van studentegroepe van nasionale ontwikkelingsprogramme en musieksentrums, sluit in:

* Hugo Lambrechts Musieksentrum (Parow)

* Khongisa Jeugsentrum (Empangeni)

* Bochabela-strykorkes (Bloemfontein)

* KwaZulu-Natal & Kaapse Filharmoniese Jeugorkeste

* Universiteit Stellenbosch Sertifikaatprogram Jazz-orkes en Koperblaaskwintet

* Universiteit Stellenbosch Sertifikaatprogram

* Buskaid-projek in Soweto

* Gauteng Camerata

* Frank Pietersen Musieksentrum (Paarl)

* MTN Musiekprojek (Kaapstad)

* Indabana Musiekprojek (Kaapstad)

Benewens die Suid-Afrikaanse gemeenskapsontwikkeling deelnemers, het die SIKMF sedert 2010 gasheer vir talle studente van Nigerië en Zimbabwe gespeel. Bo en behalwe die getal individuele aansoeke van Nigerië en Zimbabwe, het die D.K.O Orkes van Nigerië in 2016 ‘n groep van 35 deelnemers gestuur om aan die fees deel te neem.

Tygerberg Kinderkoor met Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu.

Studente van die D.K.O. Simfonieorkes in Lagos, Nigeria.

Gregory Pietersen & Jerome Jacobs wat die Universiteit Stellenbosch Sertifikaatprogram voltooi het.

Sithylelo Gwenxane (klarinet) wat begin het by die Ronnie Samaai Music Education Project en verder studeer het by UCT. Caron Tremble en Caron Barron (fagot) wat begin het by Hugo Lamprechts Musieksentrum en verder studeer het by Universiteit Stellenbosch. Hier speel hulle as lede van die SIKMF Festival Konsertorkes.

Desmond Tutu met die Tygerberg Kinderkoor en die SIKMF Festival Konsertorkes.

Dane Coetzee van dieKaapse Philharmoniese Jeugorkes.