Music Mingle

Music Mingle se doelstelling is om vir jong musikante van verskeie agtergronde ‘n platform te bied om musikale ondervindinge met mekaar te deel en tegelykertyd ‘n kans te kry om Universiteit Stellenbosch se Musiekdepartement te besoek. Leerders met of sonder ‘n musikale agtergrond kan by die program aansluit. Dit bied nie net leerders die geleentheid om sosiale interaksie nie, maar ook onderwysers en fasiliteerders die geleentheid om verhoudings met ander instellings en organisasies te bou.

‘n Tipiese program bestaan uit ‘n seksie-oefening, ‘n toer van Universiteit Stellenbosch se Musiekdepartement, ‘n instrument demonstrasie-sessie en ‘n volle ensemble deurspeel.

2017 Music Mingle: Vry 16 Junie

‘n Kort geskiedenis van die Music Mingle program

Die inisiatief het in 2013 met 20 kinders van ‘n enkele musiekprojek begin, wat aan ‘n twee-uur geleentheid deelgeneem het. In 2014 het die getal kinders tot 45, afkomstig van twee verskillende musiekprojekte en ‘n laerskool se musiekdepartement, gegroei. In 2015, van drie musiekprojekte en twee laerskole, het 70 kinders aan die geleentheid deelgeneem. Op 16 Junie 2016 het ongeveer 90 kinders van verskeie skole en musiekprojekte aan die geleentheid, wat verleng is na 4 1/2 ure, deelgeneem. Die Music Mingle is tans ‘n jaarlikse geleentheid waarin verskeie uitgenooide groepe die musiekmaak ervaring kan deel.