Hononeursprogramme

Toelatingsvereistes

Aansoekers moet oor ‘n BA Mus- of BMus-graad beskik.

Programduur:

Een jaar (minimum).

Wat behels die BMus (Hons)-program?

Die kursus bied spesialisering in: Musiekwetenskap, Musiekopvoeding, Uitvoerinde Kuns (Klassiek) en Musiektegnologie.

Oudisies vir Nagraadse Programme

‘n Oudisie word vereis vir spesialisering in Praktiese Musiekstudie (Solo sang / Solo instrument / Begeleiding / Kamermusiek / Dirigering).

‘n Portefeulje van komposisies moet ingedien word indien u vir die Komposisie-opsie aansoek doen.

Beurse:

By die oudisies word studente outomaties vir ‘n aantal Departementele Beurse oorweeg.

BEURS AANSOEKE

Sou u addisionele inligting verlang, kan u die volgende personeellede kontak:

Nagraadse koördineerder: Dr Pieter Grobler E-pos: pjcgrobler@sun.ac.za