Magistergraadprogramme

Toelatingsvereistes

Aansoekers moet reeds ‘n vierjarige BMus-graad hê, of ‘n ander B-graad wat deur die Senaat vir die doel goedgekeur is. Aanvullende werk mag ook vereis word.

Voornemende kandidate moet daarop let dat die aanvaarding van die navorsingsvoorstel onderhewig is aan die suksesvolle voltooiing van Navorsingsmetodologie 474 of ekwivalent.

Programduur:

Een jaar (minimum)

Wat behels die MMus-kursus?

Die program maak voorsiening vir die verwerwing van navorsingsvaardighede in die vorm ‘n navorsingsprojek wat in ‘n tesis kulmineer. Die departement roem homself op ‘n wye reeks navorsingsonderwerpe en -belangstellings in die velde van die Musiekwetenskap, Komposisie, Opvoedkunde, Musiektegnologie en Musiekuitvoering. Die tesis mag of ‘n 100% of ‘n 50% kredietlading dra.

Na gelang van die gekose spesialiseringsrigting word magistermodules geassesseer deur middel van tesisse, of kombinasies van  openbare uitvoerings, geskrewe eksamens, skriftelike werkopdragte, werkstukke en/of komposisies.

Die moontlikhede spesialiseringsrigtings vir Magisterstudie is soos volg:

MMus (Uitvoerend)

Vir die opsies Praktiese Musiekstudie (Solosang, Solospel, Begeleiding, Kamermusiek en Dirigering) word ‘n oudisie vereis. Praktiese studies kulmineer in drie openbare eksamen-uitvoerings wat in dieselfde akademiese jaar aangebied moet word.

MMus (Komposisie)

Vir die Komposisie-rigting moet ‘n komposisie-portefeulje tesame met die aansoek voorgelê word. Komposisie behels die voltooiiing van ‘n goedgekeurde portefeulje werke waarvan ten minste een van groot omvang (soos byvoorbeeld ‘n orkeswerk) moet wees.

MMus (Musiekwetenskap)

MMus (Musiekopvoeding)

MMus (Musiektegnologie)

Die MMus in Musiektegnologie fasiliteer die ontwikkeling van gevorderde tegnologiese- en navorsingsvaardighede in die veld van musiektegnologie en multimedia. Fokusareas sluit in klank vir film, radio- en televisieuitsending, klankproduksie en die myn van musikale data.

Aansoekprosedure vir Meestersgrade:

1. Besoek www.maties.com vir inligting omtrent studiegelde, beurse en aansoekprosesse.

2. Identifiseer ‘n moontlike veld van navorsing en nader ‘n potensiële studieleier. Indien u nie seker is in watter dissipline u studie val nie of wie die studieleiding in die betrokke veld kan bied nie, kontak asseblief die nagraadse koördineerder.

3. Doen elektronies aansoek voor die betrokke sluitingsdatums via www.maties.com

Addisioneel tot die aansoek:

a. Stuur ‘n Verklaring van Voorneme (“Statement of Intent”) oor u voorgenome studie aan die nagraadse koördineerder.

b. Vir nagraadse kursusse met ‘n praktiese komponent sal u ook ‘n oudisie moet aflê. Kontak asseblief die nagraadse koördineerder om ‘n oudisie te reël. By die oudisies word studente outomaties vir ‘n aantal Departementele Beurse oorweeg.

c. Vir Nagraadse kursusse in Komposisie moet daar ‘n portefeulje van komposisies voorgelê word, stuur dit asseblief aan die nagraadse koördineerder.

Die universiteit sal binne ‘n paar weke aan u kommunikeer of u aansoek suksesvol was. Indien u nie ’n antwoord ontvang nie, kontak asseblief die Nagraadse Koördineerder.

Sou u addisionele inligting verlang, kan u die volgende personeellede kontak:

Nagraadse koördineerder: Dr Pieter Grobler E-pos: pjcgrobler@sun.ac.za