Musiekopvoedkunde Beurse

Suider-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (SAMRO)

Wie kwalifiseer?

  • Slegs studente wat aanvaar is vir die 3de of 4de jaar van studie met Musiekonderrig en/of Klasmusiekonderrig as hoofvak in die Westerse kunsmusiek- of “populêre” musiekgenres.
  • Die beurs is slegs van toepassing op burgers van Suid-Afrika, Botswana, Lesotho en Swaziland.

Aansoeke: samrofoundation.org.za

Besonderhede: Voorgraadse beurse vir Musiekonderrig/Klasmusiekonderrig in Suider-Afrika.

Universiteit Stellenbosch Vrouevereniging

Wie kwalifiseer?

Hierdie beurse word aan ’n verdienstelike voornemende finalejaarstudent in ’n opvoeding-rigting toegeken. Die toekenning berus op studieresultate en ander prestasies van die voorafgaande studiejare en word sonder aansoek toegeken.

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 30 September

Besonderhede: Uit ’n skenking van die US Vrouevereniging.