Beurse

Lionel Bowman-prys / beurs

Wie kwalifiseer? Een prys/beurs word jaarliks toegeken aan ’n voorgraadse student vir die beste vertolking van ’n volledige soloklavierwerk van Beethoven.

Aansoekvorms kan aangevra word van Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 30 September

Besonderhede: Aansoekers moet in die openbaar ’n volledige werk van Beethoven voor beoordelaars uitvoer.

Myra Chapman Educational Trust

Aansoekvorms kan aangevra word van Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Besonderhede: Die voorgraadse beurse kan vir ’n maksimum van drie jaar en die nagraadse beurse vir ’n maksimum van twee jaar aan dieselfde kandidaat of kandidate toegeken word. Elke jaar moet opnuut aansoek gedoen word. Die toekenning geskied in oorleg met die Dept. Musiek. Indien geen geskikte nagraadse kandidate kwalifiseer nie, kan die totale bedrag vir voorgraadse studente aangewend word.

Betsie Cluver

Wie kwalifiseer? BMus-student wat in sy derde studiejaar die beste prestasie in klavier as hoofinstrument behaal het.

Aansoeke: Geen aansoeke

JC Coetzee-beurse vir Kerkorrelspel

Wie kwalifiseer? Orrelstudente wat hulle as kerkorreliste wil bekwaam

Aansoeke: Dr Mario Nell mdn@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 28 Februarie

Besonderhede: ’n Aantal merietebeurse beskikbaar gestel deur die NG Kerk in Suid-Afrika

Edna Elphick

Wie kwalifiseer? Ingeskrewe of voornemende studente (voltyds of deeltyds), asook oudstudente van die Konservatorium. Mededingers mag nie ouer as 25 jaar wees op 30 September van die jaar waarin deelgeneem word nie.

Aansoekvorms kan aangevra word van Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 30 September

Besonderhede: Tjello. Een beurs word beskikbaar gestel. Die toekenning geskied op grond van mededinging. Aansoekers moet in die openbaar ’n kort konsertprogram voor beoordelaars uit- voer. Toekenning sal net geskied indien die standaard bevredigend is. Die geld moet aange- wend word vir studie aan die Konservatorium, of vir buitelandse studie aan ’n goedgekeurde instelling.

JLM Franken

Wie kwalifiseer? Een beurs aan ’n besonder verdienstelike voltydse musiekstudent – enige spesialisering

Aansoeke: Aansoekvorms kan aangevra word van Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Besonderhede: Boedel wyle mev LEF Rosser

 

Hilda Hendrikz

Wie kwalifiseer? Verdienstelike voor- of nagraadse studente in sang

Aansoeke: Aansoekvorms kan aangevra word van Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Laetitia Morkel Beursfonds

Wie kwalifiseer? Behoeftige BMus studente wat ook akademies verdienstelik is. Waarde: Gelykstaande aan klasgelde.

Besonderhede: Hierdie beurs is toegeken aan BMus studente wat uitstekend in klavier presteer. Studente sal deur die Departement Musiek oorweeg word vir goedkeuring.

Aansoeke: Aansoekvorms kan aangevra word van Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Anna Pretorius

Wie kwalifiseer? Beurse aan belowende, behoeftige studente

Aansoeke: Aansoekvorms kan aangevra word van Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Besonderhede: Musiek, Voordrag en Drama

Mabel Quick

Wie kwalifiseer?

  • Voornemende of ingeskrewe voltydse musiekstudente.
  • Mededingers om ’n beurs vir sang mag nie ouer as 23 jaar wees op 30 September van die jaar waarin deelgeneem word nie.
  • Vorige wenners mag nie weer deelneem nie.

Aansoeke: Aansoekvorms kan aangevra word van Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 30 September

Besonderhede: Twee beurse. Een beurs is vir sang, die ander vir enige musiekinstrument. Toekenning geskied op ’n basis van mededinging. Aansoekers moet in die openbaar ’n kort program voor beoordelaars uitvoer. Daar sal van wenners verwag word om sang of die bepaalde musiekinstrument waarmee hulle gewen het, as hoofstudierigting in die daaropvolgende studiejaar/studiejare aan te bied.

Mabel Quick Buitelandse Beurskompetisie

  • Besonderhede: Die kompetisie vind elke twee jaar plaas.
  • Wie kwalifiseer? Ingeskrewe derde- en vierdejaar studente, asook nagraadse studente en alumni.
  • Vorige wenners mag nie weer deelneem nie.
  • Aansoekvorms kan aangevra word van Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za
  • Sluitingsdatum: 30 September.

Ester Mentz-beurs

Gideon Roos-beursfonds

Aansoeke: Aansoekvorms kan aangevra word van Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Besonderhede: Gideon Roos-beurs vir studie in musiek (veral sang) om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.

Smallie

Wie kwalifiseer? Besonder verdienstelike voltydse musiekstudent(e) in klavier, viool of sang

Aansoeke: Aansoekvorms kan aangevra word van Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Besonderhede: Een of twee beurse word jaarliks vir ’n maksimum tydperk van twee jaar toegeken. Die toekenning word deur die Voorsitter van die Departement Musiek gedoen. Boedel wyle me LE Smallie.

Stellenbosch Boere-orkes

Wie kwalifiseer? Een beurs aan ’n verdienstelike en behoeftige student

Aansoeke: Aansoekvorms kan aangevra word van Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Universiteit Stellenbosch Vrouevereniging

Wie kwalifiseer?

  • Een van hierdie beurse word aan ’n verdienstelike finalejaarstudent in ’n opvoeding- rigting toegeken. Die toekenning berus op studieresultate en ander prestasies van die voorafgaande studiejare en word sonder aansoek toegeken.
  • Die tweede beurs word aan ’n verdienstelike derdejaarstudent vir voordrag (enige instrument of sang) toegeken. Aansoekers moet teen die einde van hulle tweede studiejaar ’n kort openbare program voor beoordelaars uitvoer.

Aansoeke: Aansoekvorms kan aangevra word van Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 30 September

Besonderhede: Uit ’n skenking van die US Vrouevereniging word jaarliks twee studiebeurse aan musiekstudente toegeken.

Vereniging van Volksang en Musiek

Wie kwalifiseer? Een beurs aan ’n verdienstelike en behoeftige student

Aansoeke: Aansoekvorms kan aangevra word van Karen Valentine kmv@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart