Algemene Musiekstudies Beurse

Myra Chapman Educational Trust

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Besonderhede: Die voorgraadse beurse kan vir ’n maksimum van drie jaar en die nagraadse beurse vir ’n maksimum van twee jaar aan dieselfde kandidaat of kandidate toegeken word. Elke jaar moet opnuut aansoek gedoen word. Die toekennings word gemaak in samewerking met die Musiekdepartement. Indien geen geskikte nagraadse kandidate kwalifiseer nie, kan die totale bedrag vir voorgraadse studente aangewend word.

JLM Franken

Wie kwalifiseer? Een beurs aan ’n besonder verdienstelike voltydse musiekstudent – enige spesialisering

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Besonderhede: Boedel wyle mev LEF Rosser

Anton Hartman

Wie kwalifiseer? Verdienstelike voor- of nagraadse studente in enige musiekrigting

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Besonderhede: Indien ’n beurshouer sy studie a.g.v. swak prestasie staak, is alle beursgeld met rente teen die heersende rentekoers terugbetaalbaar. Toekenning geskied in oorleg met die Dept. Musiek en Santamtrust.

Ester Mentz-beurs

Anna Pretorius

Wie kwalifiseer? Beurse aan belowende, behoeftige studente

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Besonderhede: Musiek, Voordrag en Drama

Mabel Quick

Wie kwalifiseer?

  • Voornemende of ingeskrewe voltydse musiekstudente.
  • Mededingers om ’n beurs vir sang mag nie ouer as 23 jaar wees op 30 September van 
die jaar waarin deelgeneem word nie.
  • Vorige wenners mag nie weer deelneem nie.

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 30 September

Besonderhede: Twee beurse. Een beurs is vir sang, die ander vir enige musiekinstrument. Toekenning geskied op ’n basis van mededinging. Aansoekers moet in die openbaar ’n kort program voor beoordelaars uitvoer. Daar sal van wenners verwag word om sang of die bepaalde musiekinstrument waarmee hulle gewen het, as hoofstudierigting in die daaropvolgende studiejaar/studiejare aan te bied.

Mabel Quick Buitelandse Beurskompetisie

  • Besonderhede: Die kompetisie vind elke twee jaar plaas. Kontak die departementele sekretaris, Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za
  • Wie kwalifiseer? Ingeskrewe derde- en vierdejaar studente, asook nagraadse studente en alumni.
  • Vorige wenners mag nie weer deelneem nie.
  • Aansoekvorms kan aangevra word van Karen Valentine
  • Sluitingsdatum: 30 September.

Gideon Roos-beursfonds

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Besonderhede: Gideon Roos-beurs vir studie in musiek (veral sang) om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.

Suider-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (SAMRO)

Wie kwalifiseer?

  • Slegs studente wat aanvaar is vir die eerste of tweede jaar met musiek as hoofvak in enige algemene rigting in die Westerse kuns, jazz/“populêre” of inheemse Suid- Afrikaanse musiekgenres.
  • Die beurs is slegs van toepassing op burgers van Suid-Afrika, Botswana, Lesotho en Swaziland.

Aansoeke: www.samrofoundation.org.za

Stellenbosch Boere-orkes

Wie kwalifiseer? Een beurs aan ’n verdienstelike en behoeftige student

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Vereniging van Volksang en Musiek

Wie kwalifiseer? Een beurs aan ’n verdienstelike en behoeftige student

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart