MPhil (Filmmusiek)

Toelatingsvereistes

Enige persoon wat in besit is van die Nagraadse Diploma in Filmmusiek of enige ander kwalifikasie wat deur die Senaat as geskik en genoegsaam geag word, kan tot die eenjarige MPhil-graad toegelaat word.

Afhangende van studie-agtergrond en ervaring van die aansoeker mag aanvullende werk as voorvereiste gestel word alvorens die persoon tot die studie toegelaat word.

Alhoewel basiese musiekkennis ‘n voorvereiste is vir toelating, is dit vanweë die modulêre aard van aanbieding moontlik om studente wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, te akkomodeer.

Voornemende kandidate word daarop gewys dat aanvaarding van die navorsingsvoorstel onderhewig is aan die suksesvolle voltooiing van Navorsingsmetodologie 414.

Programduur:

Een jaar

Wat behels die MPhil (Filmmusiek)?

Die teiken van hierdie program is om gevorderde navorsing in filmmusiek te fasiliteer en kandidate se kennis te verryk deur middel van ‘n sistematiese studie van filmklankbane, orkestrasie, musiekteorie en musiektegnologie. Die kursus bestaan uit twee gelyke dele: ‘n tesis sowel as ‘n komposisie-portefeulje word ingehandig. Die aard van hierdie program laat toe dat studente wat nie ‘n formele agtergrond in musiek het nie, ook vir hierdie kursus kan registreer.

Navrae: Dr Gerard Roux E-pos: groux@sun.ac.za