Konservatorium Eisteddfod

Die Con Serve Eisteddfod word deur die vierdejaar BMus-studente wat in musiekopvoeding spesialiseer, georganiseer. Die hoofdoel is om vir alle studente (veral studente van Gemeenskapsprojekte, Onderwysmetodiek en die Sertifikaatprogram) die geleentheid te bied om aan hul musikale vermoëns en vaardighede in ‘n veilige, aanmoedigende en inspirerende omgewing uitdrukking te gee.

Die kategorieë in hierdie Eisteddfod word aangepas soos wat daar aan die spesifieke behoeftes van verskeie musiekprojekte en studente elke jaar voorsiening gemaak word. Deelnemers ontvang terugvoering van ‘n deskundige beoordelaar, sowel as ‘n sertifikaat. Die geleentheid vind normaalweg in die Fismersaal aan die einde van Augustus plaas.

2017 Con Serve Eisteddfod: Sat 26 Augustus

Vir meer inligting: danellherbst@sun.ac.za