Ronnie Samaai Music Education Project

Die Ronnie Samaai Music Education Project, voorheen die Western Cape Music Education Project, is in 1997 deur Ronnie Samaai, befaamde Paarlse musiekopvoeder en violis, gestig. Die projek word in Kuilsrivier by die Onderwysdistrik Metro-Oos bedryf en verwelkom studente van enige area. Vervoer van en na Khayelitsha word voorsien. Die ouderdomme van die kinders is vanaf 7 tot ongeveer 16 jaar oud. Die weeklikse klasse vind op ‘n Saterdagoggend plaas en sluit praktiese musiekuitvoering, musiekgeletterdheid en ensemble-spel in. Die projek bied opleiding in orkesinstrumente sowel as blofluit. Klem word op hardwerkendheid, passie vir musiek en toewyding, wat verder as die minimum vereistes strek, geplaas. Heelparty studente van die projek het voortgegaan met tersiêre opvoeding in musiek, terwyl ander steeds musiek as ‘n stokperdjie beoefen. Die herbekendstelling van die projek as die Ronnie Samaai Music Education Project was in 2016 en is tans onder die leiding van Felicia Lesch.

Lees meer…

facebook

Video:

youtube-logo-21