Werwingsbeurse

Graham en Rhona Beck Eerstejaar Musiekbeurse

Voornemende eerstejaar-studente in enige graad- of diplomaprogramme kom in aanmerking vir een van drie beurse ter waarde van R30 000 elk. Toekenning geskied in oorleg met die Musiekdepartement.

Musiekdeparement Eerstejaar Musiekbeurs

Voornemende eerstejaar-studente in enige graad- of diplomaprogramme kom in aanmerking vir een beurs ter waarde van R30 000. Toekenning geskied in oorleg met die Musiekdepartement.

Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe

Voornemende eerstejaar-studente in enige van die Fakulteit se voorgraadse graadprogramme kom in aanmerking vir een van verskeie baie aantreklike werwingsbeurse wat deur die Fakulteit toegeken word. (Kandidate word deur die departement genomineer na suksesvolle oudisie.)