Nagraadse Diploma in Filmmusiek

Minimum vereistes

Om vir hierdie kursus aansoek te doen moet voornemende studente oor ‘n driejarige graad (in enige vakgebied) beskik.

Programduur

Een jaar.

Vir wie?

Hierdie kursus is geskep met die doel om ‘n opleidingsgeleentheid te bied aan huidige en voornemede komponiste in filmbedryf wat nie oor formele kwalifikasies in musiek beskik nie.

Wat behels die Nagraadse Diploma in Filmmusiek?

Hierdie program staan ten doel om studente voor te berei vir indiensneming in die mediabedryf waar ’n klem op praktiese vaardighede en vakkundige insig geplaas word. Die modulêre aard van die kursus stel studente aan ’n verskeidenheid konsepte en teoretiese raamwerke in die vakgebied van filmmusiek bekend. Verder verskaf die kursus ook ’n deurgang na die meer gevorderde navorsing wat aangebied word in die MPhil in Filmmusiek. Hierdie program is ontwerp ter ondersteuning van die groot hoeveelheid pragmatici wat in die filmmusiekbedryf werk maar wat oor geen formele agtergrond in musiek beskik nie. Daarom is formele musiekonderrig nie ’n vereiste tot toelating nie en studente word as deur die kursus stelselmatig blootgestel aan fundamentele teoretiese konsepte ter ondersteuning van die uitbou van studente se kreatiewe prosesse.

Oudisies vir Nagraadse Programme

‘n Oudisie word vereis vir spesialisering in Praktiese Musiekstudie (Solo sang / Solo instrument / Begeleiding / Kamermusiek / Dirigering).

‘n Portefeulje van komposisies moet ingedien word indien u vir die Komposisie-opsie aansoek doen.

Beurse:

By die oudisies word studente outomaties vir ‘n aantal Departementele Beurse oorweeg.

BEURS AANSOEKE

Sou u addisionele inligting verlang, kan u die volgende personeellede kontak:

Nagraadse koördineerder: Dr Pieter Grobler E-pos: pjcgrobler@sun.ac.za