Jamestown Sounds

Jamestown Sounds is gestig deur drie mense met ‘n visie vir verandering in die lewens van kinders in die gemeenskap deur musiekopvoeding. In 2005 is die bestuurskomitee van Jamestown Sounds gestig, waarna dit in 2009 as ‘n nie-winsgewende organisasie geregistreer is. Die organisasie streef daarna om die jeug van Jamestown en Cloetesville te verryk met opvoeding en musiekopvoering. Jamestown Sounds glo dat musiek ‘n positiewe middel is om gemeenskappe in Jamestown en Cloetesville, wat aanmoediging nodig het, op te hef en te bemagtig, asook om die verdeling tussen die verskeie gemeenskappe in Jamestown en Cloetesville te oorbrug. Jamestown Sounds bied jaarlikse musiekkonserte vir Jamestown en Cloetesville aan ter ere van die die musiekstudente en hul prestasies, sowel as vir die gemeenskap wat hul versorg het.

Vir meer inligting en nuus oor toekomstige geleenthede, besoek die Facebook-blad by

facebook

of die Jamestown Sounds webtuiste by

hyperlink