Doktoraal – PhD (Musiek)

Minimum vereistes

Kandidate vir die PhD in Musiek moet oor ‘n M-graad (of aanvaarbare ekwivalente kwalifikasie wat de Senaat vir die doel goedgekeur het) beskik, waarin bewys gelewer is van gevordede, selfstandige kreatiewe vermoëns en/of navorsingsvaardigheid.

Besonderhede oor die keuringsproses kan by de Departement verkry word.

Programduur:

Die minimum tydperk van inskrywing is twee jaar.

Wat behels ‘n PhD (Musiek)?

Doktorsgrade in die kunste is navorsingsgrade wat uitloop op ‘n proefskrif. Die studie as geheel kan bestaan uit teoretiese werk of dit kan die vorm aanneem van ‘n geïntegreerde studie van kreatiewe prosesse en teoretiese werk wat in die proefskrif gerapporteer word. Die unieke aard van die integreerde opsie setel in die samehang en interafhanklikheid van die kreatiewe prosesse en insigte in die kunste. A die materiaal wat vir die proefskrif aangebied word, ingeslote die kreatiewe werk, moet in ‘n formaat wees wat geargiveer kan word en dus beskikbaar sal wees vir ander gebruikers.

Oudisies vir Doktorale Programme

‘n Oudisie word vereis vir spesialisering in Praktiese Musiekstudie (Solo sang / Solo instrument / Begeleiding / Kamermusiek / Dirigering).

‘n Portefeulje van komposisies moet ingedien word indien u vir die Komposisie-opsie aansoek doen.

Beurse:

By die oudisies word studente outomaties vir ‘n aantal Departementele Beurse oorweeg.

BEURS AANSOEKE

Sou u addisionele inligting verlang, kan u die volgende personeellede kontak:

Nagraadse koördineerder: Dr Pieter Grobler E-pos: pjcgrobler@sun.ac.za