Simfoniese Blaasensemble

Die Universiteit van Stellenbosch Simfoniese Blaasensemble (USSBE) het aanvanklik as die Stellenbosch Konsertorkes bekend gestaan en is in 1976 gestig deur Prof Paul Loeb van Zuilenburg met slegs 10 lede. Dit was die eerste Blaasorkes op universiteitsvlak in die Wes-Kaap.

Faan Malan, ‘n gegradueerde van die Musiekdepartement, was dirigent vanaf 1986-1990 en het die gewilde Stellenbosch Orkesfees gestig wat ‘n paar jaar lank plaasgevind het. Sy opvolger was Mervyn Solomon (1991-1998), wat drie suksesvolle toere na Engeland en Skotland met die ensemble onderneem het in 1993, 1995 en 1997. Hy is opgevolg deur Andries Smit, wat direkteur was vanaf 1999-2000.

Wyle Albert Engel was die eerste voltydse koperblaasdosent by die Musiekdepartement. Albert, wie ‘n leidende rol gespeel het in die musiek van die Morawiese Kerk, was verantwoordelik daarvoor om die breër gemeenskap, insluitend kerk- en diensorkeslede, met die Universiteit van Stellenbosch Simfoniese Blaasorkes te integreer. Prof Corvin Matei het die ensemble op kort kennisgewing oorgeneem na die tragiese afsterwe van Mnr Engel en het die repertorium uitgebrei om moeiliker werke in te sluit.

Pamela Kierman is aangestel as koperblaasdosent by die Musiekdepartement en dirigent van die SUSSBE in Februarie 2004 en het saam met Michelle Pietersen, die vorige orkesbestuurder, ‘n gemeenskapsinteraksiekomponent by alle uitvoerings deur die ensemble gevoeg; leerders verbonde aan musiekprojekte naby Stellenbosch is genooi na alle uitvoerings deur die ensemble in die Endlersaal.

Sedert Februarie 2008 word die SUSSBE bestuur deur Peter Martens, Artistieke Bestuurder van die Musiekdepartement en Konservatorium. In 2006 het Pamela Kierman ‘n jaarlikse Orkes-ekstravaganza in die orkes se skedule geïnkorporeer. USSBE het die verhoog met verskeie orkeste en enembles deur die jare gedeel, insluitend Die Kaapse Filharmoniese Blaasensemble, die SA Weermagorkes en verskeie skoolorkeste vanoor die hele Kaap in die Orkesekstravaganza.

In ‘n meer ernstige konsert wat jaarliks in September gehou word, is daar samewerking met die Komposisiedepartement en die Orkesdirigeerdepartement, olv Proff Hans Roosenschoon en Corvin Matei onderskeidelik. Die studente kry ook die geleentheid om saam met bekende internasionale komponiste te werk tydens geleenhede soos KOMPOS se 2015 Simposium.

Die USSBE maak gebruik van ‘n diverse groep mense wat elke Maandagaand repeteer en toegewy is aan die promosie van die Windblaasidioom as ‘n kommunikasiemiddel en ‘n kreatiewe uitlaatklep in die hedendaagse Suid-Afrika.