Diensleer in Musiek

Algemeen: ‘n Diensleer-module is in 2009 vir alle vierdejaar-BMus-studente aan die Musiekdepartement ingevoer. Die Musiekdepartement het etlike gemeenskapsvennote wat studente gebruik as voltooiing van dié kursus.

Die sosiale impak hiervan behels die betrokkenheid van studente by gemeenskapsprojekte  wat ingestel is op teoretiese kennis, nuwe kennis te genereer, en begrip te kweek vir die kontekste van musiekpraktyk en kennis.

Diensleervennote

Gemeenskapsvennote 2020:

  • @the Moment Musiekprojek, Rietenbosch
  • Jamestown Sounds
  • Sertifikaatprogramme in Musiekgeletterdheid
  • Ronnie Samaai-musiekopvoedingsprojek
  • E-Bosch Skoolkoorfees

Gemmenskapsvennote 2009 – 2018: Sihambe Projek, Imibala, ATKV Abbasorg Preprimêre Skool, CTPO Jeugontwikkelingsprojek, Athlone Musiekakademie, Ouetehuis- projek, CTPO.