Skip to main content

Fasiliteite

Endlersaal

Die 556-sitplek Endlersaal is toegerus met ‘n Marcussen Tracker-aksie orrel met 44 registers, drie manuale en pedaal. Die Endlersaal is ‘n finominale akoestiese ruimte en is bekroon as een van die beste konsertsale in die wêreld.

Fismersaal

Die Fismersaal is ideaal geskik vir kleinerer gehore. Die saal bestaan uit 60 vaste stoele wat vermeerder kan word tot ongeveer 200. Die saal spog ook met ‘n hout vloer, wat geskik is vir bewegingsklasse.

Jannasch Lesingsaal

Die Jannaschsaal is die grootste lesingsaal in die Konservatorium gebou, met 180 sitplekke. Die saal is veral geskik vir multimedia-aanbiedings en vergaderings. Die saal is toegerus met ‘n rekenaar, CD-speler, kassetspeler, projektor sowel as gepaste klankversterking.

Behrens Voorportaal

Die voorportaal van die Endlersaal spog met groot muurskilderye deur die wyle Larry Scully sowel as ‘n wonderlike uitsig van die berge rondom Stellenbosch.  Die voorportaal kan maklik 300 mense neem.

Opname-ateljees

Die Konservatorium gebou huisves een van die beste opname-ateljees in die land, toegerus met die nuutste tegnologie in hierdie veld. Die ateljees is in staat om professionele opnames te doen, sowel as vir redigering, klankvermenging en filmklankopnames.

Lesinglokale

Die Konservatorium het twee lesingsale wat elk 60 mense op ‘n tyd kan akkommodeer. Beide hierdie lokale is toegerus met nodig toerusting.

Oefenkamers

Die Konservatorium gebou het drie vloere met 57 oefenkamers, waarvan 6 toegerus is met pyporrels. Hierdie oefenkamers het ‘n hoë vlak van klankisolasie en is ontwerp om die produksie van staande klankgolwe te elimineer. Alle oefenkamers, sowel as die res van die gebou, is toegerus met lugversorging.

Verhurings

Al die bogenoemde fasiliteite en sale is beskikbaar vir huur. Kontak asseblief vir Nicky Fransman, Fasiliteitebeampte van die Konservatorium gebou as u belangstel.  Tel (021) 808 2382, of stuur ʼn  e-pos aan nfr@sun.ac.za. Sien asseblief die aansoekvorms en kontrak vir die huur van lokale vir funksies en konserte hieronder.

Close Menu