Koperblaasensemble

Die US Koperblaasensemble is in 2011 gestig – ‘n inisiatief van Prof. Winfried Lüdemann en Me Pamela Kierman, lektrise in koperblaasinstrumente, albei begaafde koperblaasspelers.

Koperblaaskore het hul oorsprong in die Renaissance tydperk gehad en het verskil in grootte en funksie tussen die noord-Europese tradisie van die stadtspfeiffer tot die groot antifonale katedraal koperblaaskore van Venesië. Die Engelse en Europese brass band beweging van die 19de-eeu, word as die eerste sogenaamde demokratiese musieksoort beskou. Dit was vir almal toeganklik en het veral voorgekom in die steenkoolmyndorpe waar mynwerkers in hul vrye tyd in koperblaasorkeste gespeel het. Die moderne koperblaasensemble is meer te doen met die simfoniese gebruik van koperblasers met seksies van 2-6 trompette, 1-4 Franse horings, 3 of meer trombone met dalk ‘n euphonium en ‘n tuba of twee; slagwerk word soms genooi om punktuasie en klankkleur te voorsien.

Die USKE volg die voorbeeld van die Phillip Jones Brass Ensemble wat in die laaste eeu die leidende gees op hierdie gebied was. Sedert sy ontstaan het ensemble in die Endlersaal opgetree (etensuurkonserte), by die Hugo Lambrechts-musieksentrum, saam met die SA Weermagorkes by die Youngsfield Militêre Basis en by die Morawiese Sendingstasie in Mamre.

Die USKE is deur die bekende koperblaas-pedagoog, Sean Kierman, afgerig. He was voorheen hoof van koperblaas by the South African College of Music, Universiteit Kaapstad. Hy is deeltyds aangestel as koperblaas- en dirigeerdosent by die Universiteit Stellenbosch en Wes-Kaap. Hy was voorheen by die Universiteit Kaapstad, Universiteit van Port Elizabeth, Vrystaatse Universiteit, die Durban Simfonie-orkes en die destydse SAUK Simfonie-orkes.