Gevorderde Diploma in Praktiese Musiek

Toelatingsvereistes

Kandidate moet in besit wees van ‘n Diploma (Praktiese Musiek) of ‘n ander kwalifikasie in klassieke musiek wat deur die Senaat as toereikend geag word.

Programduur:

Een jaar, voltyds.

Weeklikse, individuele onderrig en geleenthede om soveel moontlik binne en buite die Musiekdepartement onder leiding van die dosent in die openbaar op te tree.

Wat behels die Gevorderde Diploma in Praktiese Musiek?

Studente moet vir Praktiese Musiekstudie en Repertoriumstudie in enige van die onderstaande instrumente inskryf. Twee newekomponente word ook vereis, en hang af van die studente se keuse van spesialisering.

Watter instrumente kan ek bestudeer?

Enige orkesinstrumente: stryk-, houtblaas-, koperblaas- en perkussie-instrumente; klavier, orrel, harp, blokfluit, kitaar, sang, dirigering en kerkmusiek.

Van watter ensembles sal ek deel wees ?

ENSEMBLES

Navrae:

Programkoördineerder: Leonore Bredekamp Tel. 021 808 2176 E-pos: lbrede@sun.ac.za