Diploma (Praktiese Musiek)

Toelatingsvereistes

  • Matrieksertifikaat
  • Teorie – Grade 3/4
  • Prakties – Grade 7 in hoofinstrument (of sang)

Programduur:

Drie jaar.

Wat behels Diploma in Praktiese Musiek?

Studente moet vir al drie jaar vir Musiekvaardighede (musiekteorie en gehooropleiding), Praktiese Musiekstudie in enige van die onderstaande instrumente en Algemene Musiekleer inskryf. Onderwysmetodiek, Inligtingsvaardighede, Musiekopvoeding, Musiektegnologie, Repertoriumstudie, en ‘n keur van kursusse in  Praktiese Partituurstudie, Begeleiding, Orkespraktyk, Tale vir Sangers, Ensemblesang, Kamermusiek, Besigheidsbestuur (Musiek) en Teaterkuns (Musiek) word ook aangebied.

Studente kan vanuit die Hoër Sertifikaat in Musiek na die Diploma in Musiek artikuleer, mits hulle aan die toelatingsvereistes vna die Diploma voldoen en die keuringsproses ondergaan.Studente sal vir Algemene Musiekleer, Musiekteorie, Musiektegnologie en Gehooropleiding erkenning kry.

Die Diploma in Praktiese Musiek kan in uitsonderlike gevalle (‘n prestasieputn van minimum 70% in elk van die volgende: Algemene Musiekleer 391, Musiekteorie 321 en 351) na die 2de jaar van die BMus artikuleer, met dien verstande dat die student aan die toelatingsvereistes vir BMus voldoen asook die voorgeskrewe keuringsproses ondergaan.

Watter instrumente kan ek bestudeer?

Enige orkesinstrumente: stryk-, houtblaas-, koperblaas- en perkussie-instrumente; klavier, orrel, harp, blokfluit, kitaar, sang, dirigering en kerkmusiek.

Navrae:

Programkoördineerder: Leonore Bredekamp Tel. 021 808 2176 E-pos: lbrede@sun.ac.za

Kliek hier: http://www.maties.com/apply.html om jou aansoekproses by die Universiteit Stellenbosch te begin, of skakel navrae by 021 808 4515. ‘n Aansoekfooi is betaalbaar by registrasie.

Oudisiedatums:  Saterdag, 17 Junie 2023 and Saterdag 12 Augustus 2023

Hoe skeduleer ek ‘n oudisie?

Nadat jy aanlyn aansoek gedoen het en al die nodige dokumentasie ontvang is, word jou aansoek geprosesseer en aan die Departement Musiek gestuur. Yolanda Botha is die oudisie koördineerder en sal jou dan via e-pos kontak met ‘n informasie vorm oor jou praktiese oudisie.  Aan die einde van die vorm is ‘n tabel wat jy moet invul om sodoende die oudisie te skeduleer.  Oudisiedatums is geskeduleer vir Saterdag, 17 Junie en Saterdag 12 Augustus. Die eerste oudisies vind reeds om 08:00 plaas en eindig rondom 17:00.  Die finale oudisierooster sal ‘n week voor jou gespesifiseerde dag deur Me. Botha via epos uitgestuur word.

Waar vind oudisies plaas?

2023 praktiese oudisies vind plaas by die Konservatorium, Departement Musiek, Stellenbosch Universiteit, wat in Neethlingstraat, Stellenbosch, geleë is.

Ons 2023 oudisies sal in-persoon plaasvind.  Onder spesiale omstandighede  (soos om buite Suid Afrikaanse grense te woon, of ‘n ander hindernis wat oudisie onmoontlik sou maak) mag ansoekers ‘n geskrewe versoek rig om per opname oudisie te doen. Stuur asseblief sulke versoeke, via epos, aan die oudisie koördineerder, Me. Botha, vir goedkeuring.

Belangrike aansoek tips:

  • Doen so vroeg moontlik aansoek
  • Onthou asseblief om die nodige tabel aan die einde van die oudisie inligtingsbrief te voltooi en aan die koördineerder terug te stuur, sodat jy onder die regte instrumentafdeling gelys kan word. Onvoltooide aansoeke kan nie geprosesseer word nie en kan dus nie vir oudisies aanvaar word nie.
  • Indien jy enige navrae rig aangaande jou aansoek, onthou asseblief om altyd jou Aansoek ID (Application ID) daarby in te sluit.

Oudisie Vereistes:

Praktiese Oudisie: Studente moet 3 Klassieke werke van kontrasterende styl voorberei met ‘n minimum standaard van Graad VII of hoër van enige van die erkende eksamenrade. Die Stryker-, Blaas- en Klavierafdelings vereis tegniese werk. Verder word bladlees en ‘n snelstudie vir klavieroudisies vereis.

Teoretiese Toetse: Daar word van alle voornemende studente vereis om ‘n geskrewe teoretiese toets as deel van hulle oudisie af te lê, gelykstaande aan Unisa Graad V standaard. Die toets bestaan uit o.a. besyferde bas, akkoord erkenning, diktee en ander pertinente aspekte rakende musiekgelettertheid. Die geskrewe toetse vind op dieselfde dag as die oudisies plaas.

Rig asseblief enige verdere navrae aan Me. Yolanda Botha by yolandab@sun.ac.za