Hoër Sertifikaat in Musiek

Toelatingsvereistes

Matrieksertifikaat

Teorie – Graad 3/4

Prakties – Graad 5/6

Programduur:

Een jaar

Wat behels die Hoër Sertifikaat in Musiek?

Studente moet vir Musiekvaardighede (musiekteorie en gehooropleiding) en Praktiese Musiekstudie in enige van die onderstaande instrumente inskryf, sowel as vir Algemene Musiekleer, Besigheidsbestuur (Musiek), Musiektegnologie, Repertoriumstudie en Tekste in die Geesteswetenskap. Kreatiewe Vaardighede en Orkespraktyk is opsionele modules.

Van studente word verwag om ‘n aantal werkswinkels ten opsigte van Skryf-, Taal- en Studievaardighede, soos deur die Musiekdepartement bepaal en aan die begin van die jaar kennis gegee, bevredigend by te woon om aan die volledige vereistes te voldoen alvorens die Hoër Sertifikaat verwerf kan word.

Die Hoër Sertifikaat in Musiek kan na die Diploma in Praktiese Musiek artikuleer of na een van die Musiekdepartement se graadprogramme, met dien verstande dat die student aan die normale toelatingsvereiestes, soos by elk gespesifiseer, voldoen, asook die voorgeskrewe keuringsprosesse ondergaan.

Watter instrumente kan ek bestudeer?

Enige orkesinstrumente: stryk-, houtblaas-, koperblaas- en perkussie-instrumente; klavier, orrel, harp, blokfluit, kitaar, sang, dirigering en kerkmusiek.

Navrae:

Programkoördineerder: Ms Felicia Lesch Tel: 021 808 2349  E-pos: fsmlesch@sun.ac.za