Skip to main content

Jose Dias

By October 28, 2016Uncategorized @af

josedias351@gmail.com

Die Portugees-gebore pianis, José Dias, reis in 2001 vir die eerste keer na Suid-Afrika om in te skryf aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy sy BMus Honneurs cum laude behaal. Daarna sit hy sy studies voort aan die Hochschule für Muzik und Theater in Zürich (Switserland), waar hy sy Konzertdiplom met onderskeiding verwerf.

In 2007 word José aangestel as repetiteur by Kaapstad Opera (KSO), waar hy KSO-kunstenaars in talle konsertoptredes begelei en ook betrokke was as repetiteur en vokale afrigter in produksies wat wissel van Monteverdi tot Gershwin en Heggie. Hy is nog steeds ’n gereelde medewerker en gaskunstenaar saam met KSO, mees onlangs en veral as musikale regisseur en pianis van die African Angels-produksie, wat sedert 2013 plaaslik en internasionaal getoer en groot byval gevind het.

In 2011 sit hy sy reeds merkwaardige vryskutloopbaan as uitvoerende kunstenaar voort waar hy gesien kon word as gereelde teenwoordigheid in al die groot konsertsale in Suid-Afrika sowel as op feeste soos Aardklop, KKNK, Klein Karoo Klassique en die US Woordfees. In die afgelope paar seisoene het internasionale optredes hom geneem na Portugal, Israel, Switserland, België en Oostenryk, met ’n uitgebreide besoek aan Nederland en Duitsland, waar hy optree in gesogte sale soos die Berliner Philharmonie, Münchner Philharmonie, Beethoven in Bonn, Baden-Baden Festspielhaus, en talle ander.

Dias word ál gewilder as solis, kamermusikant en begeleier, en was ook die musikale regisseur van Biblioteek Produksies se operaverhoogproduksies Amore, Waansin en Poskantoor – laasgenoemde het die toekenning ontvang as beste produksie by Aardklop en ook twee Fiesta-toekennings en sewe nominasies. Hy was medeskepper en kurator van RISE, in samewerking met die Kaapse Filharmoniese Orkes – ʼn platform vir die vertoon van jong Suid-Afrikaanse klassieke talent – en is ook ’n ywerige ondersteuner van kontemporêre musiek, met die uitvoering van premières van werke deur komponiste soos Hendrik Hofmeyr, Alexander Johnson en Braam du Toit. Baie daarvan (sommige spesiaal vir hom geskryf) is opgeneem en op CD beskikbaar.

José Dias is tans besig met sy PhD (Musiek) aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van proff. Francois du Toit en Hendrik Hofmeyr, en is ’n deeltydse dosent aan die Universiteit van Kaapstad se Suid-Afrikaanse Musiekkollege.

Leave a Reply

Close Menu