Koordirigeerkuns

Koorsang word geïdentifiseer as die wyse van musiekmaak waarby die meeste mense in Suid-Afrika betrokke is. Dit maak ‘n unieke bydrae tot die rykdom van ‘n land: individue word gevorm deur hul toe te rus om kritiese denke te kweek en betrokke burgers te wees deur die ontwikkeling van intellektuele hulpbronne en menslike potensiaal, wat ‘n kulturele identiteit bou.

Koorsang is vir talle kinders en jeugdiges hul eerste ontmoeting met klassieke musiek. Leerders word dikwels deur hul koordirigente aangemoedig om ‘n instrument te leer speel of om hul stemme verder te ontwikkel. Dit is hierdie aanmoediging wat musiekstudie op tersiêre vlak inspireer.

Universiteit Stellenbosch is een van die min Suid-Afrikaanse universiteite wat ‘n vol akademiese program in koordirigering aanbied. Buiten die praktiese onderrig van jong koordirigente, opvoeders en sangers, beoog die departement om baanbrekerswerk in die proses van musiekmaak en in die navorsing van ons multi-etniese samelewing te doen deur musikale uitnemendheid, kreatiwiteit, navorsingsuitsette en sosiale bewustheid te kombineer. Studente is veronderstel om musikale verteenwoordigers van verandering te wees deur vir beide artistieke uitnemendheid en plaaslike toepaslikheid te streef deur met mense op ‘n kreatiewe, volhoubare en ‘n medelydende wyse te werk.

Koordirigering as ‘n akademiese vak is in 2006 deur dr. Rudolf de Beer gestig, wat die fondament van die huidige program gevestig het. Soos die res van die departement, is Koordirigering se doelstelling uitnemendheid en internasionaal kompeterend. Studente kan Koordirigering as óf ‘n A- óf ‘n B-instrument in alle voorgraadse programme, Meesters of PhD studeer.

Martin Berger is hoof van die departement. Navrae: maberger@sun.ac.za  

facebook

Dr. Martin Berger

maberger@sun.ac.za

Lees meer

Lunathi Ncamini

ncamani@sun.ac.za

Lees meer