Klavier Beurse

Lionel Bowman-prys / beurs

Wie kwalifiseer? Een prys/beurs word jaarliks toegeken aan ’n student vir die beste vertolking van ’n volledige soloklavierwerk van Beethoven.

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 30 September

Besonderhede: Aansoekers moet in die openbaar ’n volledige werk van Beethoven voor beoordelaars uitvoer.

Betsie Cluver

Wie kwalifiseer? BMus-student wat in sy derde studiejaar die beste prestasie in klavier as hoofinstrument behaal het.

Aansoeke: Geen aansoeke

Laetitia Morkel Beursfonds

Wie kwalifiseer? Behoeftige BMus studente wat ook akademies verdienstelik is.

Waarde: Gelykstaande aan klasgelde.

Besonderhede: Hierdie beurs is toegeken aan BMus studente wat uitstekend in klavier presteer wat ook akademies verdienstelik is. Studente sal deur die Departement Musiek oorweeg word vir goedkeuring.

Smallie

Wie kwalifiseer? Besonder verdienstelike voltydse musiekstudent(e) in klavier, viool of sang.

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 1 Maart

Besonderhede: Een of twee beurse word jaarliks vir ’n maksimum tydperk van twee jaar toegeken. Die toekenning word deur die Voorsitter van die Departement Musiek gedoen. Boedel wyle me LE Smallie.

Universiteit Stellenbosch Vrouevereniging

Wie kwalifiseer?

Die beurs word aan ’n verdienstelike voornemende derdejaarstudent vir voordrag (enige instrument of sang) toegeken. Aansoekers moet teen die einde van hulle tweede studiejaar ’n kort openbare program voor beoordelaars uitvoer.

Aansoeke: Ashtrolita Rudolph arudolph@sun.ac.za

Sluitingsdatum: 30 September

Besonderhede: Uit ’n skenking van die US Vrouevereniging.