Skip to main content

Lauren Dasappa

By September 15, 2016October 27th, 2016Uncategorized @af

laurendasappa@sun.ac.za

Lauren Dasappa, gebore in Durban, is ’n dinamiese en toegewyde musikale kunstenaar wie se uitvoerings gehore diep raak en tot mense van alle agtergronde spreek.

Dasappa het verskeie operarolle vertolk, insluitende gevierde optredes as Papagena in Mozart se Die Towerfluit en Grietjie in Humperdinck se Hansie en Grietjie. Verder het sy ook in heelwat oratorium- en barokuitvoerings opgetree. Dasappa handhaaf ’n uitgebreide konsertrepertorium van standaard- en moderne werke en wy haarself veral aan die herlewing van kunslieduitvoering in Suid-Afrika.

Lauren Dasappa verskyn gereëld saam met filharmoniese orkeste landswyd en het gevolglik by groot nasionale en internasionale geleenthede opgetree. Hoewel klassiek opgelei, beperk sy haarself nie net tot hierdie genre nie. Buitendien blink sy op die terrein van populêre musiek uit en is reeds as voorgraadse student ’n internasionale opnamekontrak deur Universal Studios aangebied. Sedert haar aanstelling as sangdosent by die Universiteit van Stellenbosch in 2014 het Dasappa reeds verskeie kere plaaslik opgetree, onder andere as sopraansolis in Mendelssohn se Elija en Brahms se Ein Deutsches Requiem. Haar optredes sluit solo-uitvoerings en uitvoerings saam met ander kunstenaars in.

Dasappa bied vokale werksessies aan en rig vokale ensembles en soliste vir groot produksies af. Sy is ook ‘n gerespekteerde beoordelaar en eksaminator by kunswedstryde en universiteite. Haar toewyding as kunstenaar en leermeester vind nie net neerslag in haar eie konsertloopbaan nie maar ook in die uitstekende prestasies van haar studente.

Close Menu