Skip to main content
Category

Uncategorized @af

Joshua Frank

By Uncategorized @afNo Comments

Joshua Frank het ’n meestersgraadstudie in Musiekwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch in 2019 voltooi, en die volgende jaar ‘n deeltydse doseerpos aan hierdie inrigting aanvaar. Sy hoof-navorsingsbelangstelling is die empiriese studie van musikale emosies, wat ook by geleentheid aspekte van die evolusionêre oorspronge van musiek en aspekte van Barok-uitvoeringspraktyk insluit.

Frank se voorgraadse studies was gefokus op uitvoering, en hy is ook ‘n vaardige kunstenaar met die ghitaar, blokfluit en hobo, met klem op orkesspel en Barok kamermusiek. Buite die konteks van die Westerse kunsmusiek is hy as lid van die ensemble Here be Dragons ook geïnteresseerd in die wêreld van die volks-klassiek idioom.

Winand Grundling

By Uncategorized @afNo Comments

Winand Grundling het sy skoolopleiding aan die Hoërskool Brandwag in Uitenhage voltooi en daarna sy BMus-graad van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth verwerf. Hy het sy orrelstudies onder Colin Campbell se leiding in 2002 begin, en het sedertdien op nasionale en internasionale vlak orreluitvoerings gelewer. In 2006 is Winand gekies as een van sewentien orreliste wêreldwyd om deel te neem aan die Kanadese Internasionale Orrelskool in Calgary. Hy het sy ATCL Trinity Recital (lisensiaat)-eksamen asook sy Unisa

Voordraerslisensiaat met onderskeiding geslaag. In 2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch voltooi onder leiding van Mario Nell. In 2012 het Winand meesterklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel) ontvang, asook van prof. Ton Koopman, Jean-Claude Zhender, Louis Bolliviard en Peter Planyavski aan die Internasionale Haarlem Orrelskool in Nederland, en prof. David Higgs (Eastman School of Music, VSA). Hy woon weer in 2015 die Nederlandse Orrelskool by. Winand het reeds die volgende kompetisies en pryse op nasionale vlak ingepalm: Algehele wenner van die ABSA Nasionale Jeugmusiekkompetisie, orrelkategoriewenner van die ATKV Muziq-kompetisie, die Charles Bryars-beurs, die SAMRO Merietetoekenning, die Mabel Quick-musiekbeurskompetisie, asook algehele wenner van beide Unisa se Oorsese Musiekbeurskompetisie, ATKV Muziq- kompetisie en die SAKOV Oorsese Musiekbeurskompetisie. Tydens die 2012 Klein-Karoo Nasionale Kunstefees het Winand twee Kanna-toekennings ontvang vir sy produksie, 14 Stasies van die Kruis – vir beste klassiekemusiek-produksie asook beste opkomende kunstenaar. Winand is die orrelis van die NG Kerk Stellenbosch-Welgelegen en die begeleier van verskeie kore en Suid-Afrikaanse kunstenaars. Winand gee voltyds musiek by Hoërskool Parel-Vallei in Somerset-Wes.

Leonore Bredekamp

By Uncategorized @afNo Comments

Leonore Bredekamp het die BAMus-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal, en ook die MPhil in Moderne Vreemde Tale (met toespitsing op Tegnologie en Taalonderrig). As dosent is sy as multi-media spesialis verantwoordelik vir etnomusikologiese navorsing, en doseer musiektegnologie op eerstejaarvlak in die BMus-program. Sy is ook aktief betrokke by teaterproduksies en instrumentale ensembles as elektriese en akoestiese basghitaarspeler.

Annamarie Bam

By Uncategorized @afNo Comments

Annamarie Bam het die BMus- en BMus(Hons)-grade aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf, onder die leiding van Harold Strebel in Kaapstad en Heinrich Armer in Bloemfontein. Sy is aangewys as die geheelwenner van die ATKV Forte-kompetisie, en die wenner van die Royal Schools of Music se buitelandse beurs. In Londen het sy verdere opleiding aan die Royal Academy voortgesit, onder John Davies, Richard Addison en Antony Pay, en ook meesterklasse onder Karl Leister in Londen en Guy Deplus in Nice bygewoon. Haar orkeservaring het reeds op ‘n vroeë ouderdom  in Bloemfontein begin, met deelname aan blaasorkeste, en as ad hoc-lid van die SUKOVS-orkes. Sy was vir vier jaar eerste klarinettis van die Suid-Afrikaanse Jeugorkes. Met haar terugkeer uit Londen het sy by die Natalse Filharmonie aangesluit. In 1992 het sy ‘n onderwyspos aan die Bloemfonteinse Musicon aanvaar, en weer by SUKOVS aangesluit. As ‘n ervare kamermusikus het sy saam met die ‘Taffanel Trio’, die ‘Poulenc Players’ sekstet, duo-uitvoerings met pianis Elna van der Merwe, en deel van ‘n trio met Elna van der Merwe en Sabina Mossolow, tydens die Stellenbosse Woordfees (2016, 2018), en in Sasolburg met die ‘Trio Classique’, ‘n ensemble met Benjamin van Eeden (klavier) en Karen Gaertner (altviool). Annamarie gee ook tuisonderrig, en aan die Johnman Musieksentrum in Stellenbosch.

Daniel Prozesky

By Uncategorized @afNo Comments

Daniel Prozesky het in 2010 ‘n voordraersdiploma van   die Institut de Ribaupierre en in 2011 ‘n BMus-graad (dux, cum laude) van die Lausanne Konservatorium in Switserland, onder die leiding van die Switserse klarinettis Frédéric Rapin. Hy het reeds met die belangrikste plaaslike orkeste opgetree, en is sedert 2015 hoofklarinettis van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes. As kamermusikus is hy bekend by Suid-Afrikaanse gehore, en sedert 2015 ook ‘n gereelde tutor en solis tydens die Stellenbosch Internasionale Kamerusiekfees. (Prozesky is ook ‘n gekwalifiseerde meganiese ingenieur, en ‘n vryskut-ontwerper in Kaapstad.)

Liesl Stoltz

By Uncategorized @afNo Comments

Liesl Stoltz is ‘n oudstudent van die Universiteit van Stellenbosch, en het ook nagraadse studie in Frankryk en Italië onderneem, waar sy diplomas met onderskeiding behaal het. Sy het gestudeer onder leermeesters soos Éva Tamássy, Shigenori Kudo, Pierre-Yves Artaud en Peter-Lukas Graf, en was die wenner van etlike nasionale en internasionale kompetisiepryse, onder meer in Roemenië en Duitsland.

Stoltz het as solis saam met etlike plaaslike orkeste opgetree, soos die Johannesburgse en die KwaZulu-Natalse Filharmoniese orkeste, die Vrystaatse Simfonieorkes, die Universiteit van Kaapstad se Strykensemble, die Camerata Tinta Barocca en die Odeion Simfonia. In 2010 het sy die DMus-graad van die Universiteit van Kaapstad ontvang, en na-doktorale studies daar voortgesit. As uitvoerende kunstenaar het sy etlike lewendige uitvoerings gegee en opnames vrygestel: haar CD-vrystelling “Explorations – South African Flute music” (2017) is deur die Nasionale Instituut vir die Geesteswetenskappe en Sosiale Wetenskappe aangewys as die wenner. Liesl Stoltz is ‘n bekende fluitsolis en kamermusikus, en doseer ook aan die Universiteit se Musiekkollege. Haar instrument is ‘n 14k Yamaha fluit, en sy is ook aangewys as die Suid-Afrikaanse Yamaha  Kunstenaar vir 2018.

Carina Venter

By Uncategorized @afNo Comments

Carina Venter het beide ‘n meesters- en doktorsgraad van die Universiteit van Oxford. Na voltooiing van ‘n junior navorsingsgenootskap by Merton College in 2017 (Universiteit van Oxford), het sy ‘n pos as lektrise in musiekwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch se Musiekdepartement aanvaar.

Janel Speelman

By Uncategorized @af

Janel Speelman is verteenwoordigend van die opkomende jonger geslag van Suid-Afrikaanse soprane wat hulle toelê op opera en kunslied. Onlangse uitvoerings sluit in dié tydens die Suidoosterfees, sowel as Niel Rademan se Heldinne-program tydens die Woordfees in Stellenbosch. Ms Speelman is ‘n alumnus van die Universiteit van Kaapstad, waar sy ‘n BMus-graad, en ‘n honneursgraad in kunsmusiek verwerf het, asook ‘n nagraadse diploma in opera, onder leiding van Proff Virginia Davids en Kamal Khan. Daarbenewens beskik sy oor ‘n meestersgraad van die Universiteit van Michigan se musiekskool. Ms Speelman is uitgenooi om op te tree tydens dié skool se prestigeryke jaarlikse uitvoering in die Kennedy Sentrum. Tydens haar studietyd daar het sy die Andrea Person- en George Shirley-beurstoekennings verower.

Endlerkonsertreeks

By Uncategorized @afNo Comments

In ooreenstemming met regeringsmaatreëls vir die bekamping van die corona-virus, word alle konserte en verwante aangeleenthede van die Eerste Seisoen (April-Junie) van die Endler Konsertreeks tot verdere kennisgewing uitgestel. Hierby ingesluit is Etensuurkonserte en die beoogde Klaviersimposium.

Ons sal jou op hoogte hou van enige verdere nuus ten opsigte van die heraanvang van ons konsertprogramme.

Ons wens jou en jou geliefdes die beste toe in hierdie onsekere tye.

Fiona

Xander Kritzinger

By Uncategorized @afNo Comments

Xander Kritzinger ‘n welbekende koormeester, tenoor and komponis van vokale musiek het sy musicale loopbaan begin as lid van die bekroonde Drakensbergse Seunskoor, waar hy later aangestel nis as studentedirigent.

Xander het sy meestersgraad in sanguitvoerend aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en sy studierigting plaas ‘n fokus op navorsing in die opleiding van seunstemme tydens stemverandering. Sedert 2008 is hy aangestel as voltydse koormeester van die Hoërskool Stellenbosch koor en van 2010 af is hy voltyds betrokke as sangdosent en musiekgeskiedenis- en musiekteorieopvoeder.

As tenoor tree Xander gereeld op saam met professionele vokale-ensembles soos die Cape Conor ten Kaapstad Solistekoor wat spesioliseer in vroeë musiek.  Hy tree ook gereeld op as solis in groot werke soos die Hemelsvaart-Oratorium van JS Bach en GF Handel se Utrecht Jubilate.

Vanaf 2014 is Xander ook die koormeester van Viva Cantare gemeenskapskoor van Stellenbosch. In 2019 vestig hy die Stiellies-Kinderkoor, ‘n gemeenskapskoor vir laerskoolleerders van die groter Stellenbosch-omgewing.

Close Menu