Skip to main content
Category

Uncategorized @af

Ionna Matei

By Uncategorized @af

mioanna506@gmail.com

Ioanna Matei is deeltydse dosent in hobo aan die Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Kaapstad se Suid-Afrikaanse Musiekkollege, en die Beau Soleil Musieksentrum in Kenilworth.

Matei is in Roemenië gebore, en het op die ouderdom van veertien hobo onder die legendariese Pavel Tornea aan die Boekarest Musiekskool begin studeer. Sy matrikuleer in 1972 en verwerf ʼn Baccalaureus-diploma (met lof) met hobo as hoofvak. Hierna studeer sy hobo onder Radu Chisu (internasionaal bekroonde hobospeler) aan die Boekarest Konservatorium vir Musiek, en verwerf ʼn Meestersgraad in hobo-uitvoering (cum laude). Gedurende haar studies het Matei in verskeie kamermusiekgroepe gespeel asook in die simfonieorkes van die Boekarest Konservatorium.

Na haar studies word sy as hobo-onderwyser by die Boekarest Musiekskool aangestel, en tree ook op as permanente ekstra speler in die Romeense Radio- en Televisiesimfonieorkes. In 1980 verwerf sy die Hoër Onderwysdiploma in Hobo (met lof) en gee musiekonderrig tot 1985, waarna sy Roemenië verlaat.

Met haar koms na Suid-Afrika in 1985, vestig sy haar mettertyd as ʼn toonaangewende hobo-onderwyser in Kaapstad. Haar studente spog met talle onderskeidings in Royal Schools of Music-eksamens, eisteddfods en kompetisies, sommige speel eerste hobo in orkeste soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes, die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees, die Miaggi, die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes en die universiteitsorkeste van Stellenbosch en Kaapstad. Hiernaas tree hulle ook as ad hoc-spelers op saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes.

Liam Burden

By Uncategorized @af

Liam.saxophone@gmail.com

Liam Burden behaal ʼn BMus en BMus Honneurs (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch. Hy ontvang opleiding in saksofoonuitvoering onder Darryl Walters. Tydens sy honneursjaar het Liam die geleentheid gekry om saksofoon onder dr. Michael Ebrahim en musiekuitvoering onder dr. Mitchell Arnold aan die Universiteit van Wes-Virginië in die VSA te studeer. In samewerking met die komposisiedepartement, dirigeer Liam met sukses die eerste KOMPOS-konsert, waaronder werke gekomponeer deur studente vir die geleentheid. In 2009 tree Liam in samewerking met die dramadepartement van die Universiteit Stellenbosch op as musikale regisseur vir die produksie getiteld Brothers.

Liam is sedert Januarie 2012 ʼn personeellid van die Hugo Lambrechts Musieksentrum waar hy saksofoon en klarinet onderrig. Hy is dirigent van die Hugo Lambrechts Simfonieorkes.

Darryl Walters

By Uncategorized @af

drawalters@gmail.com

Darryl Walters ontvang sy musiekopleiding in Kneller Hall, Londen, onder die hoofklarinetspeler van die Covent Garden Operahuis, Maurice Cody. Daarna spandeer hy drie jaar in Detmold, Duitsland, waar hy vir die Royal Scots Grey-orkes speel en regdeur Europa toer. Ná sy militêre diens skryf hy in by die Guildhall Musiekskool en ontvang onderrig in klarinet onder Wilfred Kealey, basklarinet onder Stephen Trier, saksofoon onder Mickael Krien en fluit onder Jane Davis. Hierna toer hy saam met verskeie orkeste en sit sy studies voort onder wêreldbekende klarinetspelers en hoofklarinetspeler van die BBC Simfonieorkes, Jack Brymer.

Met sy koms na Suid-Afrika, speel hy vir ses jaar in die Kaapse Simfonieorkes en daarna vir tien jaar in die KRUIK-orkes. Hy speel ook as ad hoc-lid vir die SAUK-orkes en Durbanse orkes. Hoogtepunte uit sy loopbaan as uitvoerende kunstenaar sluit in toere saam met die sangsensasie Natalie Cole, asook opnames vir van die vroeë televisieprogramme en die uitvoering van Artie Shaw se klarinetkonsert.

Darryl Walters was ʼn stigterslid van die Hugo Lambrechts Musieksentrum waar hy hoof was van die houtblaasdepartement sedert die ontstaan van die skool in 1986 tot en met sy aftrede. Hy was dirigent van die “Swing Band” gedurende sy tyd by die musieksentrum. Talle van sy studente het uiteindelik professionele uitvoerende kunstenaars en musiekonderwysers geword, nie slegs in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. Walters is steeds aktief betrokke by musiekonderrig in Kaapstad en omliggende gebiede en doseer saksofoon aan die Universiteit Stellenbosch.

Lerienne Roux

By Uncategorized @af

lerienne@gmail.com

Lerienne se passie vir fluit begin tydens haar onderrig onder Liesl Stoltz, en sy voltooi uiteindelik haar BMus (cum laude) in 2011 onder Stoltz aan die Universiteit van Kaapstad, waar sy ook op die dekaan se merietelys vir akademiese prestasie verskyn. Roux voltooi in 2015 haar MMus (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch onder professor Corvin Matei.

Roux het reeds saam met verskeie orkeste opgetree, onder andere as solis saam met die universiteite van Kaapstad en Rhodes se orkeste. Hierbenewens was sy deel van musiekopnames vir ʼn hele aantal plaaslike film- en musiekproduksies.

Lerienne Roux begin haar loopbaan as musiekonderwyser in 2010 en onderrig musiek by verskeie skole en instansies.

 

Benedetta Lami

By Uncategorized @af

benedetta@oliomio.co.za

Benedetta Lami is gebore in Rome. Na haar skoolopleiding het sy studies in Politieke Wetenskap aan die Universiteit van Florence voltooi, en was terselfdertyd ‘n tutor en gasvrou vir mode-voorstellings en konferensies, asook verbonde aan verskillende instansies in Rome en Milaan. Sedert 2008 doseer sy Italiaans aan die Dante Alighieri-skool in Stellenbosch, en sedert 2010 ook Italiaans vir sangers aan die Universiteit van Stellenbosch. Benewens Italiaans is sy ook Frans en Engels magtig, sowel as basiese Spaans.

Haar liefde vir musiek is ‘n familie-aangeleentheid: haar grootoupa, Maestro Marco Falgheri (1872-1919), was ‘n violis, dirigent en komponis.

Lauren Dasappa

By Uncategorized @af

laurendasappa@sun.ac.za

Lauren Dasappa, gebore in Durban, is ’n dinamiese en toegewyde musikale kunstenaar wie se uitvoerings gehore diep raak en tot mense van alle agtergronde spreek.

Dasappa het verskeie operarolle vertolk, insluitende gevierde optredes as Papagena in Mozart se Die Towerfluit en Grietjie in Humperdinck se Hansie en Grietjie. Verder het sy ook in heelwat oratorium- en barokuitvoerings opgetree. Dasappa handhaaf ’n uitgebreide konsertrepertorium van standaard- en moderne werke en wy haarself veral aan die herlewing van kunslieduitvoering in Suid-Afrika.

Lauren Dasappa verskyn gereëld saam met filharmoniese orkeste landswyd en het gevolglik by groot nasionale en internasionale geleenthede opgetree. Hoewel klassiek opgelei, beperk sy haarself nie net tot hierdie genre nie. Buitendien blink sy op die terrein van populêre musiek uit en is reeds as voorgraadse student ’n internasionale opnamekontrak deur Universal Studios aangebied. Sedert haar aanstelling as sangdosent by die Universiteit van Stellenbosch in 2014 het Dasappa reeds verskeie kere plaaslik opgetree, onder andere as sopraansolis in Mendelssohn se Elija en Brahms se Ein Deutsches Requiem. Haar optredes sluit solo-uitvoerings en uitvoerings saam met ander kunstenaars in.

Dasappa bied vokale werksessies aan en rig vokale ensembles en soliste vir groot produksies af. Sy is ook ‘n gerespekteerde beoordelaar en eksaminator by kunswedstryde en universiteite. Haar toewyding as kunstenaar en leermeester vind nie net neerslag in haar eie konsertloopbaan nie maar ook in die uitstekende prestasies van haar studente.

Jolene McCleland

By Uncategorized @af

jolenemccleland@gmail.com

Die Suid-Afrikaanse mezzosopraan Jolene McCleland het musiek en sang aan die Universiteit Stellenbosch studeer (BMus cum laude) en ʼn nagraadse diploma in opera (met onderskeiding) behaal aan die Weense Konservatorium vir Musiek in Oostenryk. Sy is in Januarie 2015 aangestel as sangdosent aan die Universiteit Stellenbosch.

Jolene het in 2005 haar Europese debuut gemaak as Kain se Lam in die Europese premiere van Tsippie Fleischer se Kain en Abel in die Semperdepot, Wene. Sedertdien het sy verskeie rolle gesing, onder meer Dorabella in Cosí fan tutte, Cherubino in Die huwelik van Figaro, die Tweede Vrou in Die Towerfluit (Japannese Toer), Nancy in Britten se Albert Herring, Dido in Purcell se Dido en Aeneas en Hänsel in Humperdinck se Hansie en Grietjie. Jolene is ʼn opkomende spesialis in die moderne operawêreld met haar vertolking van Die Spinne in Max Nagl se wêreldpremiere van die opera Camilo Chamäleon; sy was ook die solis in Titus Hollweg se weergawe van Milhaud se Opéras-Minutes, uitgevoer tydens die Korintiese Musiekfees (Oostenryk) in 2011. In 2011 vertolk sy ook die rol van koningin Gertrude in ʼn opname van die opera Hamlet deur die bekende kontemporêre Amerikaanse komponis, Nancy van de Vate, begelei deur die Morawiese Filharmoniese Orkes.

Sy is ʼn bekroonde vertolker van die Lied, en het onlangs tydens ʼn Liederaand saam met die Schubertbund-koor in die Goue Saal van die Weense Musiekvereniging opgetree. Sedert 2012 tree sy gereeld as solis op saam met die Johann Strauss Ensemble in Oostenryk, Turkye, Kroasië en Algerië.

McCleland is ʼn gesogte altsolis vir oratoriums, en sy gee gereeld uitvoerings in die bekende katedrale in Wene, Oostenryk. In Desember 2013 val die eer haar te beurt om die altsolo uit te voer in Händel se Messias saam met die Sloweense Radio-orkes in die Cankarjev-kerk, Ljubljana.

In Oktober 2014 vertolk sy die rol van Elektra tydens die Oostenrykse debuut van Michael Trojahn se bekroonde opera Orest by die Museumsquartier in Wene. In 2015 word sy uitgenooi om Mendelssohn se Elia saam met Brandon Phillips en die Koor en Orkes van die Nuwe Apostoliese Kerk uit te voer. Sy het reeds drie wêreldpremières tydens die Komposimposium uitgevoer, by name die werk van Antoni Schonken, Keith Moss en Hans Roosenschoon. Haar werk Mood Swings – roles of a Mezzo debuteer in die Endlersaal. Hierbenewens het sy ook saam met Niël Rademann en die Stellenbosse Stadsorkes onder leiding van Paul Loeb van Zuilenburg by Lourensford Wynlandgoed opgetree. In 2016 tree sy weer saam het hulle op as solis by die Oude Libertas Amfiteater, terwyl haar vertoning A Viennese Affair, met Wilken Calitz en Elna van der Merwe, tydens die US Woordfees uitgevoer is.

Antoinette Huyssen

By Uncategorized @af

aehuyssen@sun.ac.za

Antoinette Huyssen verwerf ʼn MMus (cum laude) in klassieke sang onder Brad Liebl en Virginia Davids aan die Universiteit van Kaapstad. Sy is tans ʼn deeltydse dosent in gehooropleiding asook stemafrigter by die Universiteit van Kaapstad se Suid-Afrikaanse Musiekkollege, en gee ook privaat sanglesse. Sy word in 2016 aangestel as deeltydse sangdosent aan die Universiteit Stellenbosch. In 2001 verwerf Blyth haar BMus in klavier (onder Francois du Toit) en kitaar (onder Michael Hoole) aan die Universiteit van Kaapstad, waarna sy klavier, kitaar, sang, koor en musiek as vak by verskeie Kaapse skole aanbied. In 2003 is sy studentedirigent van die Drakensberg Seunskoor, en van 2006 tot 2012 dirigent van die Kaapstadse Filharmoniese Koor. Blyth tree gereeld in oratoriums en solo-uitvoerings op, is lid van die vroeë musiek-ensemble, Cape Consort, en ook assistent-dirigent van die Kaapse Solistekoor.

Minette du Toit-Pearce

By Uncategorized @af

pearce@sun.ac.za

Minette begin in 1993 met sanglesse onder leiding van Magdalena Oosthuizen. Sy verwerf die grade BMus, BMus (Hons) en MMus (cum laude) met spesialisering in sang. Sy behaal die UNISA Onderwys- en Voordraerslisensiate (albei cum laude) en ontvang die DJ Roode Oorsese Beurs, die Gertrude Buchanan en SAMRO-pryse tydens die UNISA-beurskompetisies. Sy was die algehele wenner van die ATKV Musiq-kompetisie sowel as wenner van die sangkategorie en die Mozart-prys. Sy is benoem as die naaswenner in die SAMRO Internasionale Beurskompetisie en het ook die prys vir die beste uitvoering van ’n voorgeskrewe werk tydens die kompetisie ontvang.

In 2009 was sy ’n finalis in die Kohn Foundation Wigmore Hall Internasionale Sangkompetisie in Londen. Sy het verskeie somerskole bygewoon, onder andere Ticino Musica in Lugano en AIMS in Graz, waar sy sanglesse ontvang van Barbara Bonney, Michelle Crider en Michelle Breedt. Sy tree gereeld as solis in oratoriums op en is ’n bedrewe sanger van lieder sowel plaaslik as in die buiteland.

Minette het by verskeie nasionale kunstefeeste in Suid-Afrika opgetree, ingesluit die KKNK, Klein Karoo Klassique, AARDKLOP, US Woordfees, Cultivaria, Suidooster Fees en Greyton Genadendal Classics for All, en is genomineer vir drie KykNET Fiësta-toekennings vir haar bydrae tot klassieke musiek by ’n kunstefees. In 2015 reis sy na Frankryk waar sy ’n aantal optredes het saam met Ilse Schumann, die Suid-Afrikaans gebore pianis wat in Wene, Oostenryk, woon.

Minette beoordeel gereeld by kunswedstryde en reis op gereelde grondslag na Namibië en Zimbabwe vir optredes en om meesterklasse aan te bied.

Sy is ’n senior lektor in sang en hoof van die sangdepartement aan die Universiteit van Stellenbosch se Musiekdepartement.

Roxane Steffen

By Uncategorized @af

roxanesteffen@gmail.com

Roxane Steffen begin haar musiekonderrig in viool en blokfluit op die ouderdom van ses aan die Delft-musiekskool, Nederland. Op die ouderdom van agt begin sy met tjello en op 16 verander sy na kontrabas. Sy begin haar studies in dieselfde jaar aan die Rotterdam Konservatorium onder Hans Krul, hoofkontrabasspeler van die Rotterdamse Filharmoniese orkes.

Steffen voltooi haar studies in Rotterdam en ontvang in 1997 ʼn onderwysgraad. Hierna sit sy haar studies in orkes en solokontrabas voort onder Knut Guettler en Jean Paul Everts aan die Koninklike Konservatorium in Den Haag. In 1999 verwerf sy haar graad in uitvoering met lof, waarna sy haar eerste kontrak as tutti-kontrabas teken vir die Nederlandse Balletorkes in Amsterdam. Steffen kom in 2003 na Kaapstad om vir die jaar as onderleier-kontrabas in die Kaapse Filharmoniese orkes (KFO) te dien. In Januarie 2006 bedank sy uit haar pos in Nederland en keer terug na Kaapstad waar sy as hoofkontrabasspeler van die KFO aangestel is.

Steffen bedank in 2014 as voltydse kontrabasspeler by die KFO ten einde meer tyd aan die onderrig en afrig van jong musici in Kaapstad en aan die Universiteit Stellenbosch te spandeer, meer kamermusiek te speel en aan haar solorepertorium te werk. Sy verskyn steeds gereeld op die verhoog saam met die KFO as ekstra speler en is steeds betrokke by die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes. Roxane is ook ʼn gekwalifiseerde persoonlike fiksheids- en joga-instrukteur, en wy haar toe aan die opvoeding van jong musici oor die belangrikheid van fiksheid vir topprestasie as musikant.

Close Menu